Die Grens het Vrydagaand verbete vasgeklou aan sy voorsprong en die Regent Boland Kavaliers 21-19 geklop in ‘n spanningsvolle Absa Eerste Liga Curriebekerwedstryd in die Buffalo City stadion in Oos-Londen.
Lees meerAlles vir Vrydag 30 Augustus 2013
Plastieksakkie lei glo tot vrou se dood
William Freis van Nebraska in Amerika dagvaar die winkelreus Wal-Mart omdat een van hulle plastieksakkies glo tot die ontydige dood van sy vrou gelei het.
Mpuma-gevangenes ontsnap
Twee verhoorafwagtende gevangenes het ontsnap terwyl hulle na ‘n ander tronk vervoer is, het die polisie in Mpumalanga Vrydag gesê.
EFF-modes te koop
Die revolusionêre modes van die Economic Freedom Fighters (EFF) word nou te koop aangebied.
Nuwe NDPP en SOE-hoof aangestel
President Jacob Zuma het Vrydag die nuwe nasionale direkteur van openbare vervolging (NDPP) en hoof van die spesiale ondersoekeenheid (SOE) aangekondig.
Goedkoper petrol, duurder diesel
Die groothandelprys van alle grade petrol sal volgende week met 5c per liter daal, het die departement van energie Vrydag gesê.
Tuks-dosent bedank ná uitlatings
‘n Filosofiedosent aan die Universiteit van Pretoria het bedank nadat sy in ‘n blog geskryf het dat die verkragting van babas ‘n “fenomeen van swart mense” is.
Zille maak lys van “poefieprotes”-leiers bekend
Helen Zille, die premier van die Wes-Kaap, het Vrydag die name van 11 ANC-jeugligalede bekend gemaak wat, volgens haar, verantwoordelik is vir ʼn aantal voorvalle waar menslike uitskot uit protes by verskeie plekke in en om Kaapstad gestort is.
Video: SA-voortvlugtende vasgetrek
Gerhardus Jansen van Vuuren, die man wat na bewering sy vriendin drie jaar gelede erg aangerand en vermoor het, is in Brasilië vasgetrek.
Afrikaans en Land Rover nou maatjies
Jaguar/Land Rover SA het onlangs erkenning gegee aan sy groot Afrikaanssprekende klantebasis deur as voertuigverskaffers op te tree vir die reeks “Afrikaans is Groot”-konserte wat binnekort in Pretoria en Kaapstad gehou gaan word.
Nuwe Opel op pad
Goeie nuus vir Opel-liefhebbers is dat General Motors eersdaags die jongste geslag Opel Astra sedan in ons land gaan verwelkom.
SA-fotograaf glo in Egipte aangehou
Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het Vrydag gesê hy is nog nie bewus daarvan dat Adil Bradlow, ‘n Suid-Afrikaanse kameraman en fotograaf, deur die Egiptiese owerheid in Kaïro aangehou word nie.
Eerste Nasionale Huweliksweek in SA
Nasionale Huweliksweek, ’n inisiatief wat vanjaar vir die eerste keer sal geskied vanaf 1-7 September, dien as ’n bewusmakingsveldtog en projek wat paartjies sal inspireer om weer op die welstand van hul huwelike te fokus.
Valse Facebook-Motlanthe vra omkoopgeld
ʼn Persoon wat hom as adjunk-president Kgalema Motlanthe op Facebook voordoen, probeer om deur ʼn foefie omkoopgeld van lede van die publiek te bekom.
Helpende Hand gee R40 000 vir Wes-Kaap-vloedhulp
Solidariteit Helpende Hand het R40 000 bewillig om te voorsien in die behoeftes van mense wat deur die vloede in die Wes-Kaap geraak word.
Leerlinge ondersteun langer skoolure
Die meerderheid van skoliere is glo ten gunste van langer skoolure wat dalk van volgende jaar in werking gaan tree om ʼn derde taal aan te leer.
Veiligheidswag in Edendale geskiet
ʼn Veiligheidswag is Vrydag in die vroeë oggendure in Edendale, suid van Pietermartizburg in KwaZulu-Natal, geskiet en gewond.
SAAT moet veiligheid van Solidariteit-lede verseker
Solidariteit het Vrydag ʼn beroep op South African Airways Technical (SAAT), die tegniese afdeling van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), gedoen om die veiligheid van die vakbond se lede te verseker.
Parapleeg ry 6 000km met fiets
Om 6 000km om die grenslyne van Suid-Afrika met ʼn fiets af te lê is reeds ʼn prestasie, maar Helgard Muller sal glo die eerste parapleeg wees om hierdie enorme taak aan te pak.
Bokke is bo, maar hef aan lê voor
Dit gaan ’n steil berg wees, maar die Bokke kan vriend en vyand verras met ’n sege Doer Onder. ‘n Feit staan egter vas: Daar is net een pad vir beide hierdie spanne ná laas naweek se vertonings, en dis boontoe.