Bernard Hellberg reken die nuwe Nissan Sentra is goeie waarde vir geld en uiters gemaklik vir bestuurder en passasiers.
Alles vir Maandag 2 September 2013
Tiener moor glo man met gebreekte bierbottel
ʼn 29-jarige man van Johannesburg is Maandagoggend met ʼn gebreekte bierbottel doodgesteek nadat hy glo in ʼn argument met ʼn tiener betrokke geraak het.
Springbokke maak reg vir Suncorp-Toets
Die laaste keer wat ons manne kon wen in Kangaroeland was in 2009, toe die moderne legendes van die spel die Groen-en-Goud gedra het. Bakkies Botha, Victor Matfield en Schalk Burger het weliswaar nie hond haaraf gemaak in Brisbane nie, maar wel in Perth.
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Die verhoor van die tienerseun wat daarvan verdink word dat hy die Steenkamp-familie naby Griekwastad vermoor het, sal vandag in die Noord-Kaapse hooggeregshof in Kimberley hervat.
Petroljoggiestaking vir eers op ys
ʼn Beplande staking van petroljoggies deur die National Union of Metalworkers of SA (Numsa) in die motorbedryf, is vir eers opgeskort.
Maroela Media Top 20 – 2 September 2013
Spyt kom te laat- Ricus Nel Hande- Karlien van Jaarsveld Jy het my gevind- Liza Brönner Dis hoe ons rol- Jay Gee, gee, gee- Mwah!
Rock-ster maak stem dik teen dolfynjag
Matt Sorum, die voormalige dromspeler vir die rockgroep Guns N’ Roses, besoek tans ʼn afgeleë Japannese visvangeiland om teen die dorp se jaarlikse dolfynslagting te betoog.
Bejaarde boer glo weens grondhervorming vermoor
Gareth Johnson, ʼn bejaarde boer is oor die naweek op sy plaas naby Waterval-Boven, Mpumalanga, doodgeskiet.
Vroueliga betreur busongeluk-sterftes
Die ANC-vroueliga betreur die afsterwe van nege meisies en ‘n volwassene wat Sondag in ʼn ongeluk dood is. Die bus waarin hulle gery het, het op pad terug van ʼn rietdans-seremonie by Nongoma in KwaZulu-Natal gebots.
NFP verwelkom Mandela se tuiskoms
Die Nasionale Vryheidsparty (NFP) het saam met talle ander politieke partye oudpresident Nelson Mandela met sy tuiskoms verwelkom nadat hy Sondag uit die Medi-Clinic Harthospitaal in Pretoria ontslaan is.
Man vas oor moord op negejarige meisie
ʼn Man is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn negejarige meisie in Knysna in die Wes-Kaap.
Tien sterf in busongeluk
Tien mense is Sondag dood na ʼn busongeluk op die R66 naby die R34-kruising in Melmoth, KwaZulu-Natal.
Sewe sterf in gru-ongeluk
Sewe mense is Sondag dood in ʼn botsing tussen vyf voertuie op die N6 tussen Reddersburg en Bloemfontein in die Vrystaat.
Gedagte vir die dag: Erken skuld
Spreuke 19:3 Sy eie dwaasheid bring ‘n mens op die verkeerde pad en dan is hy kwaad vir die Here. Om skuld te erken wanneer…