Die hof het aangehoor dat Thomas Ferreira, die tiener wat op sy motorfiets in ‘n ongeluk betrokke was met ‘n blouligvoertuig, vervolg moet word vir roekelose of nalatige bestuur, en nie die bestuurder van die betrokke voertuig nie,
Lees meerAlles vir Woensdag 4 September 2013
Sirië: Obama sê hy sal steeds met Putin praat
Pres. Barack Obama van Amerika sê hy sal steeds met pres. Vladimir Putin in gesprek bly, alhoewel hul verhouding ‘n “muur getref het”.
SA-regering versoek inligting van Facebook en Google
Die Suid-Afrikaanse regering het oor die afgelope jaar glo 14 aansoeke by Facebook en drie aansoeke by Google ingedien om inligting oor sekere gebruikers te bekom,
18-jarige het dalk ‘n lyk verkrag
‘n 18-jarige man wat van moord en verkragting aangekla word, het Woensdag in die Pietermaritzburgse hooggeregshof erken hy het seks met ‘n “roerlose” 14-jarige gehad.
Usain Bolt kondig aftrede aan
Usain Bolt het gesê hy beplan om ná die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro in 2016 uit die sport af te tree.
Jaagduiwel ry meer as 200km/h
ʼn Vrou is Woensdagoggend vasgetrek nadat sy teen 205km/h op die N2 in Fairbreeze naby Gingindlovu in KwaZulu-Natal gejaag het.
Barmhartige motoris geskiet ná hy wou help
ʼn Man van Krugersdorp sterk in die hospitaal aan nadat hy Dinsdagaand in Monument, Krugersdorp in Gauteng, tydens ʼn kapingspoging geskiet is.
Video en foto: Kameelperd val fietsryers in PTA aan
ʼn Kameelperd het oor die naweek ʼn groep bergfietsryers in die Groenkloof-natuurreservaat in Pretoria aangeval.
Soweto String Quartet se Afrikaanse treffersalbum binnekort beskikbaar
Hierdie album beloof om een van die hoogtepunt albums te wees van 2013 en dit behoort in elke persoon se CD versameling te wees!
All Blacks gaan geen kanse waag teen die Poemas nie
Die Bokke staar ’n baie moeilike toets in Brisbane in die gesig, maar die Poemas staan voor ’n haas onbegonne taak in Hamilton
Springbokke: Brisbane is Bokke se eerste ware toets in 2013
Die Springbokke kry Saterdag hul eerste werklike uitdaging met ‘n gekweste Wallaby wat vir hulle wag in Brisbane.
Video: Nóg ʼn tree nader aan hidrobreking
Die regering wil die omstrede proses van hidrobreking as ’n sogenaamde beheerde bedrywigheid laat klassifiseer ingevolge die Nasionale Waterwet.
“Oscar-saak is behoorlik ondersoek”
Riah Phiyega, die nasionale polisiekommissaris, het Woensdag aan EWN gesê sy is verseker die moordsaak teen Oscar Pistorius is so deeglik as moontlik ondersoek.
Baba se erg verminkte liggaam in JHB gevind
Die liggaam van ʼn erg verminkte baba is Woensdag in Johannesburg aangetref.
AfriForum Jeug vier die Afrikaanswording van Tukkies
Studente vier vandag die 81ste herdenking van die Afrikaanswording van die Universiteit van Pretoria (UP) deur ’n lentedagpiekniek te hou ter nagedagtenis aan dr. Anton Rupert se tradisie wat hy in 1933 begin het.
90-jarige kritiek ná huisbraak
ʼn 90-jarige vrou veg vir haar lewe in die hospitaal nadat sy Woensdagoggend by haar huis in Oslo Beach, KwaZulu-Natal, aangerand en beroof is.
“SA het nie leiers nie, net diewe”
Dr. Mamphela Ramphele, die leier van Agang SA, het Woensdag gesê Suid-Afrika het ʼn tekort aan goeie en doeltreffende leierskap.
Senior maatskaplike werker in hof oor kinderporno
ʼn Senior maatskaplike werker van die regering in die Vrystaat het Dinsdag in die Bloemfonteinse streekshof verskyn in verband met kinderpornografie, het Volksblad Woensdag berig….
Pa vry wat dogtertjie se verkragter doodslaan
ʼn Pa van Texas in Amerika het ʼn man uit woede doodgeslaan nadat hy hom op heterdaad betrap het toe hy sy vyfjarige dogter verkrag het.
Solidariteit nader KVBA oor rassisme-klag teen polisielid
Lt.kol Loretta Botha, wat by die Sunnyside-polisiekantoor werk, is deur ʼn swart kollega van rassisme beskuldig nadat Botha glo op instruksie van haar stasiebevelvoerder ʼn opdrag uitgevoer het.