Saterdag breek die D-dag uiteindelik vir die drie kandidaatstede aan om die Olimpiese Spele van 2020 aan te bied, al moet die volgende Olimpiese Spele in Rio de Janeiro nog gehou word.
Alles vir Woensdag 4 September 2013
Welkom-polisie soek ooggetuie van noodlottige ongeluk
Die polisie van Welkom in die Vrystaat het Woensdag ʼn beroep gedoen op die bestuurder van ʼn wit afleweringsbakkie om na vore te kom nadat ʼn noodlottige ongeluk tussen ʼn Mercedes Benz en ʼn motorfiets in Julie in die dorp plaasgevind het.
ANC oortuig brand is vuilspel
Die regerende party het Woensdag gesê hy is oortuig daarvan dat ʼn brand wat Dinsdagaand by Luthuli House, sy hoofkantoor in Johannesburg, uitgebreek het, vuilspel is.
Gewildste motors op die pad
Bernard Hellberg ondersoek die motorverkope vir Augustus
Wits sal sê oor seksuele teistering
Die Universiteit van die Witwatersrand sal Woensdag terugvoer lewer na ʼn onafhanklike ondersoek oor bewerings van seksuele teistering teen sommige van sy werknemers.
Wapenondersoek hoor Gripens en Hawks oortref alle verwagtinge
Die Seriti-kommissie van ondersoek oor beweerde korrupsie na die multi-miljardrandse wapentransaksie in 1999 duur Woensdag voort in Pretoria.
Beweerde brandstigting by Luthuli House ondersoek
Die polisie ondersoek ʼn beweerde brandstigtingsaanval by Luthuli House, die ANC se hoofkantoor in Johannesburg.
Man in Krugersdorp geskiet
ʼn Man is in ʼn ernstige toestand nadat hy Dinsdagaand in Monument, Krugersdorp in Gauteng, in ʼn voertuig geskiet is.
Springbok spanaankondiging…luister hier.
Luister hier na die spanaankondiging vir Saterdag se Springbok wedstryd teen Australie in Brisbane.
Nuuskommentaar: Bom in ‘n boks Smarties
Pres. Jacob Zuma se standpunt oor ‘n moontlike Amerikaans-geleide aanval op Sirië klink op die oppervlak na in pas wees met die Internasionale Reg, maar pas eintlik netjies in Rusland en China se kraal, wat hul vetoreg gebruik om hierdie vertolking van die internasionale reg weg van die bedoeling daarvan te stuur.
Cleveland-ontvoerder dood aangetref
Ariel Castro, die Cleveland-ontvoerder wat drie vroue vir jare lank in sy huis aangehou en herhaaldelik verkrag het, is dood aangetref.
Reeksmoordenaar sit lank
Bulelani Mabhayi, ʼn reeksmoordenaar en verkragter, is Dinsdag 25 keer lewenslange tronkstraf opgelê in die hooggeregshof in Mthatha.
Rooftog gefnuik, agt vas
Agt mans wat glo ʼn gewapende rooftog in die Wes-Rand beplan het, is Dinsdag in Germiston in hegtenis geneem.
Gedagte vir die dag: Ware vergifnis
Matteus 6:14-15 “As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal…