Die moontlikheid dat boere deur die staat “aangemoedig” gaan word om aandele in hul boerderye aan plaaswerkers te gee, bekommer kommersiële boere, het Beeld Donderdag berig.
Alles vir Donderdag 5 September 2013
Staking raak Madiba-huis
Oudpresident Nelson Mandela se huis in Houghton, Johannesburg, is Woensdagaand in donkerte gehul toe werkers van City Power met ʼn onwettige staking begin het en glo die kragtoevoer afgesny het.
Nommer een- Jakkie Louw
Jakkie het weer met ‘n album vorendag gekom wat ‘n spul treffers gaan oplewer, en weer eens het hy bewys dat hy kmet dieselfde oorgawe laf en ernstig kan wees.
“Telkom-werknemers trek aan die kortste ent”
Solidariteit het die telekommunikasiereus Telkom versoek om weer met die vakbond oor salarisse te onderhandel nadat ʼn dispuut vroeër verklaar is.
JHB-kragonderbreking saai chaos in stad
ʼn Kragonderbreking in die Wes-Rand en noordelike dele van Johannesburg het Donderdagoggend chaos op die stad se paaie veroorsaak.
III- Ghapi
Baie mense sal dalk skepties wees oor ‘n rock-kunstenaar se besluit om ‘n Christelike CD op te neem. Dit is dalk iets waaroor ‘n mens lank sal kan redeneer, maar die feit is dat Ghapi met ‘n skitterende album vorendag gekom het wat werklik tot eer van die Here is.
Facebook-moddergooiers moet opdok
Die Pretoriase hooggeregshof het gelas dat ʼn vrou en haar eggenoot skadevergoeding van R40 000 aan die man se eksvrou moet betaal nadat hulle haar op Facebook beledig het, het The Star Donderdag berig.
Nuuskommentaar: Diewe of leiers?
Die land gaan sy weg met moeite na herstel vind as die land nie behoorlike leierskap kry nie. Of om die woorde te gebruik van dr. Mamphela Ramphele, dat die land nie leiers het nie, net diewe.
Video: Lewensgetroue TV-beeld jaag jou skrik op die lyf
LG Electronics het onlangs ‘n kantoorvenster in Chile met een van sy nuwe slimtelevisiestelle vervang met dramatiese gevolge.
Paramedici poog tevergeefs om man se lewe te red
ʼn Man is Woensdagaand in Durban dood ná ‘n botsing reg van voor.
Pa tronk toe na hy dogter verkrag
ʼn 64-jarige pa is tot tien jaar tronkstraf gevonnis in verband met die verkragting van sy 25-jarige dogter.
Man vas na moord op polisie-vriendin
ʼn 28-jarige man het hom Woensdag in Bloemfontein in die Vrystaat aan die polisie oorgegee in verband met die moord op sy vriendin, ʼn polisiebeampte.
Polisieman, SAID-werknemer vas oor dwelms
ʼn Polisiebeampte en ʼn werknemer van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) is in hegtenis geneem nadat hulle glo dwelms by die Lebombo-grenspos in Mpumalanga gesteel het.