Die dieretuin in San Diego, Amerika, het Saterdag ‘n reusepanda se 22ste verjaarsdag met ‘n reuse verjaarsdagkoek, wat van ys gemaak is, gevier.
Lees meerAlles vir Sondag 8 September 2013
Driejarige oor “swak maniere” aangerand
Kenneth Webb van Indianapolis in Amerika het glo sy driejarige seuntjie aangerand omdat hy nie “mag ek asseblief” gesê het nie.
Oupa het glo kleinkind verkrag
‘n 65-jarige man is Sondag in Zola, Soweto in hegtenis geneem nadat hy glo sy vierjarige kleindogter verkrag het.
Pompjoggies staak van Maandag af
Duisende werkers in die motorbedryf sal van Maandag af staak, het die National Union of Metalworkers of SA (Numsa) gesê.
Prins Harry het glo in die geheim die ja-woord gevra
Prins Harry van Brittanje het moontlik reeds die ja-woord gevra vir sy vriendin, Cressida Bonas.
Tokyo gaan Spele aanbied
Die aankondiging is Saterdag gemaak dat Tokyo die Olimpiese Spele in 2020 sal aanbied, nadat hy Istanbul vir dié voorreg uitgestof het.
Facebook-profiel pla onderhoudvoerders
Lede van die parlement het ‘n kandidaat vir die pos van die ouditeur-generaal gekritiseer oor sy Facebook-profiel, het die Sunday Times berig.
Ma borsvoed baba op haar poegie
‘n Vrou van Yuchou in China is voorgekeer terwyl sy haar 18 maande oue seun geborsvoed het terwyl sy op haar bromponie gery het.
Prins Andrew loop hom vas teen die polisie
Die polisie in Londen het Sondag bevestig dat Prins Andrew van Brittanje verlede week deur twee koninklike wagte in die tuin van Buckingham-paleis voorgekeer is nadat sekuriteit ná ‘n huisbraak opgeskerp is.
Elektrisiteit-terroriste gesoek
City Power het Saterdag gesê ‘n ondersoek is van stapel gestuur om die werknemers te identifiseer wat die kragvoorsiening rondom Johannesburg afgesny het.
Gestrande walvis gered
‘n Gestrande walvis is Saterdag by die hawe in St Helenabaai, noord van Saldanhabaai, ná ses pogings gered, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.
Jagter, nie daggaplanter, rede vir reuse brand
Volgens die jongste inligting het ‘n jagter wat nie sy vuurtjie behoorlik geblus het nie, die reuse bosbrand in Kalifornië veroorsaak wat sedert 17 Augustus woed.
Gedagte vir die dag: Drie liefdes
Matteus 22: 37-39 Jesus antwoord hom: “ ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met…