Die liggaam van ‘n onthoofde man is in ‘n veld in Klerksdorp, Noordwes opgespoor, het die polisie Maandag gesê.
Lees meerAlles vir Maandag 9 September 2013
Laerskoolhoof vir moord gevonnis
Die hoof van ‘n laerskool in Mpumalanga is Maandag tot 12 jaar tronkstraf gevonnis nadat sy haar voormalige tuinier vermoor het omdat sy hom van diefstal verdink het.
Solidariteit aanvaar goud-aanbod
Die vakbond Solidariteit het die ooreenkoms wat vandag by die Kamer van Mynwese vir ʼn salarisverhoging vir werknemers in die goudbedryf bereik is, verwelkom.
Nóg juwele in Frankryk gesteel
Vier mans het Maandag met hul motor deur die venster van ʼn juwelierswarewinkel in Parys, Frankryk gejaag en met juwele ter waarde van €2 miljoen (sowat R26 miljoen) gevlug.
Video: Nuwe wêreldrekord vir kameelperd-ma
Beamptes by ʼn safaripark in Suid-Korea sê ʼn kameelperd het pas geboorte geskenk aan haar 18e kalf.
Puk-studentredakteur glo oor koshuistrots aangerand
Kevin du Plessis (23), die redakteur van Wapad, NWU-Pukke se kampuskoerant, is Sondagoggend in die vroeë oggendure aangerand, vermoedelik deur ʼn medestudent wat beweer het Du Plessis het nie “koshuistrots” nie.
Boshof-pa van bloedskande verdink
‘n Pa van Boshof in die Vrystaat wat van bloedskande verdink word, is Maandag borgtog geweier en na die hof vir seksuele misdrywe in Bloemfontein verwys.
Agtjarige Jemeense bruid sterf ná huweliksnag
Menseregteorganisasies het geskok gereageer nadat ‘n agtjarige Jemeense meisie gesterf het weens inwendige beserings wat sy tydens haar huweliksnag opgedoen het.
Prima Tyd – Geniet jou lewe na 50
“Prima Tyd” se primêre boodskap is dat as jy jou lewe na 50 wil geniet, jy nie enigsins moet dink dat dit outomaties kom nie. Die outeur moedig dus lesers aan om nie enigsins op hul louere te rus wat dit betref nie maar om behoorlik te beplan en ook hulle planne tot uitvoer te bring.
JHB-kleuter glo met sak versmoor
ʼn Vyfjarige meisie se liggaam is Maandag tussen ʼn hoop vullis in Johannesburg gevind nadat sy glo versmoor is.
Meeste swanger vrouens onbewus van drankgevaar
Verskeie swanger vrouens in Suid-Afrika is onbewus van die gevaar wat alkohol inhou as dit verbruik word terwyl hulle swanger is, het ʼn maatskaplike werker van die Saartjie Baartman-sentrum Maandag gesê.
JHB-kleuter aan boom opgehang
ʼn Vierjarige meisie se liggaam is Maandag in Johannesburg aangetref nadat sy aan ʼn boom opgehang is.
Pinetown gru-ongeluk: Bestuurder van 22 moorde aangekla
Die vragmotorbestuurder Sanele Goodness May, ʼn 23-jarige man van Swaziland wat Donderdagaand die dood van 22 mense veroorsaak het, het vandag in die Pinetown-landdroshof verskyn.
Gemeenskapsradiostasie brand af
ʼn Gemeenskapsradiostasie in Sasolburg is verwoes nadat dit na bewering oor die naweek glo aspris aan die brand gesteek is.
Moord- en verkragtingverdagte soek
Jurgen Vandekeere, ‘n 37-jarige man wat teregstaan vir die moord en verkragting van Chantelle Barnard (20) van Benoni, is soek nadat hy nie Maandag vir die moordverhoor opgedaag het nie.
Die hart van ‘n ma
deur Abraham Phillips In ʼn arm gemeenskap waar tik al hoe meer verwoesting en hartseer veroorsaak, vra drie ma’s desperaat: wie is skuldig en wie…
Uitstel vir “vet” SA-man
Albert Buitenhuis, wat tans in Nieu-Seeland woon en met deportasie gedreig is weens sy gewig, het Maandag ʼn 23 maandlange grasie ontvang.
Klapperys
Heerlike Klapperys resep uit ‘Knuppeldik aan koningskos’
Knuppeldik aan koningskos
Beproefde resepte van die dames van die Pretoria Polisie offisiersvroueklub.
Polisiemanne skik buite hof oor K-woord
‘n Skikking is bereik nadat ʼn senior polisiebeampte glo ‘n rassistiese en neerhalende opmerking aan ‘n ander beampte gemaak het, het The Star Maandag berig.