Inwoners van ‘n landgoed in Midrand in Gauteng sleep Eskom hof toe. Hulle wil die kragvoorsiener dwing om kabels, wat oor hulle huise gespan is, te verwyder, omdat hulle glo dit hou ‘n gesondheidsgevaar in.
Lees meerAlles vir Woensdag 11 September 2013
“‘n Bybel vir my man se moordenaar”
Güdryn Schoeman (69), ʼn weduwee van Mpumalanga, het ʼn Bybel aan haar man se veroordeelde moordenaar oorhandig en hom aangeraai om Jesus Christus as Verlosser te soek.
SA-beampte afgedank na hy glo dronk was by blommeskou
ʼn Senior Suid-Afrikaanse beampte is afgedank nadat hy glo onder die invloed van alkohol by die bekende Chelsea-blommeskou in Londen opgedaag het.
Winkels sluit ná afdanking
Die sluiting van vyf Shoprite-winkels in Mosambiek spruit glo uit die afdanking weke gelede van een werknemer, het die supermarkreus gesê.
Prostitute se klag afgekeur
ʼn Klag wat namens twee prostitute ingedien is wat aanvoer dat hul menswaardigheid en privaatheid geskend is toe ʼn program op SABC 1 oor hulle uitgesaai is, is deur die Uitsaaiklagtekommissie (UKKSA) van die hand gewys.
Plaasmoordpetisie vir VN opgestel
Die burgerregte organisasie, AfriForum, het Woensdag ʼn elektroniese petisie in Pretoria begin, wat die regering opnuut versoek om plaasmoorde as misdaad te prioritiseer.
Ooggetuies gesoek ná tiener in tref-en-trap sterf
Brandon Geldenhuis (15) van Pretoria-Noord, se ouers en die polisie versoek getuies om na vore te kom nadat ʼn vrou hom op 3 Augustus glo op sy motorfiets raakgery maar van die toneel weggejaag het.
Woord: Baldadig
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die Afrikaanse woord “Baldadig”.
Familielede saam oupa se lyk aangehou
Twee sussies en hul broer van Pretoria het Woensdag in die Atteridgeville-landdroshof verskyn op aanklagte van moord, ontvoering, en regsverydeling.
Wen in Kiwiland: Wat lê tussen vyf jaar se doen en sê?
Vyf jaar gelede het ‘n Springbokspan die Dunedin-spook begrawe. Die span, onder leiding van Victor Matfield en afgerig deur Peter de Villiers, het vir een van die grootse verrassings in die destydse Drienasietoernooi gesorg toe hulle die All Blacks teen alle verwagting in met twee punte (28-30) gewen het en so die weg gebaan het om in die Nieu Seelanders se agterplaas te gaan wen.
Kleuter sterf in Randburg-botsing
ʼn Driejarige seuntjie is dood en sy pa beseer nadat hul voertuig Woensdag teen ʼn ander voertuig in Randburg gebots het.
Kinders kom op jong vrou se liggaam af
ʼn 18-jarige student is Dinsdag in Johannesburg in hegtenis geneem nadat twee kinders op die liggaam van ʼn jong vrou afgekom het.
Goudbedryf: Ooreenkoms ʼn oorwinning vir kollektiewe bedinging
Die ondertekening van die tweejaar-ooreenkoms vir ʼn salarisverhoging vir werknemers in die goudbedryf is ’n oorwinning vir kollektiewe bedinging en goeie arbeidsverhoudinge.
Wallabies en Poemas speel slegs vir eer
Terwyl die Springbokke en die All Blacks dit sal uitspook op Eden Park, speel die Wallabies en die Poemas vir eer.
Video: Lugvideo van Pinetown gru-ongeluk gepubliseer
WAARSKUWING: Die video mag sensitiewe lesers ontstel. Die video volg onderaan die skakels in die berig.
Meer as 100 vas ná “chaos” in JHB
Meer as 100 betogers is Woensdag vir publieke geweld en opsetlike saakbeskadiging in hegtenis geneem nadat hulle vroeër die oggend Johannesburg se strate ingevaar en paaie versper het.
Nou vir die grote , Bokke!
Die Bokke kom eerskomende Saterdag teen waarskynlik hul grootste uitdaging van die jaar te staan: Die All Blacks in Auckland.
Onnie gepos ná kleuter uitskot moes eet
ʼn Graad-R onderwyser van die Bankfontein Gekombineerde skool in Middelburg, Mpumulanga, is afgedank nadat die onderwyser glo ʼn leerling forseer het om haar eie uitskot te eet.
Kindermoorde veroordeel
Die Gautengse regering het Woensdag die moorde van twee meisies, onderskeidelik vier en vyf jaar oud, wat vroeër die week wreed vermoor is, streng veroordeel.
Terreuraanvalle op Wêreldhandelsentrum vandag herdenk
Amerika herdenk vandag die Al Kaïda-aanvalle op die wêreldhandelsentrum en die Pentagon 12 jaar gelede. Altesaam 2 977 mense is in die 9/11-aanvalle dood.