Die polisie het beslag gelê op drie video-opnames waar ‘n driejarige glo met ‘n “taser”-geweer geskok word omdat hy sy bed natgemaak het.
Lees meerAlles vir Donderdag 12 September 2013
Prins William bedank om voltyds pa te wees
Prins William gaan sy voltydse pos in die Britse Leër ná sewe jaar bedank om op sy koninklike pligte, liefdadigheidswerk en vaderskap te fokus, het die Kensington-paleis Donderdag aangekondig.
Guptas ontken rooftog
Die Gupta-familie het Donderdag ontken dat daar ‘n rooftog by hulle huis in Houghton, Johannesburg, plaasgevind het, maar die polisie in Gauteng dring daarop aan dat dit wel gebeur het.
Madeleine se ma in hof
Die ma van die vermiste Madelein McCann het Donderdag in die hof verskyn tydens die lastersaak teen ‘n speurder wat ‘n boek oor die saak geskryf het.
Video: Petisie vir prioritisering van plaasmoorde begin
AfriForum het Dinsdag ‘n petisie vir die prioritisering van plaasmoorde van stapel gestuur, wat onder meer eersdaags by die Verenigde Nasies se Minderheidsforum ingedien gaan word.
Krejcir: Uitleweringsverhoor weer uitgestel
Die veroordeelde krimineel Radovan Krejcir se uitleweringsverhoor is Donderdag weer in die Kempton Parkse landdroshof uitgestel.
Groot ondergrondse meer in Kenia gevind
Ruimtetegnologie is ingespan om ‘n groot ondergrondse meer in ‘n barre en armoedige deel van Kenia te vind.
Akademia word eerste privaat instelling wat BCom-graad in Afrikaans aanbied
Akademia, die hoëronderwysinstelling van die Solidariteit Beweging, het pas die eerste privaat instelling geword wat ʼn ten volle Afrikaanse BCom-graad gaan aanbied.
Dié Ethiopiër glo 160 jaar oud – of ouer
‘n Ethiopiër wie se oudste seun al oud genoeg was om vee op te pas toe Italië Ethiopië in 1895 ingeval het, moet volgens wat hy onthou minstens 160 jaar oud wees.
Zuma stuur snoerwet terug na parlement
President Jacob Zuma het Donderdag die voorgestelde omstrede Wetsontwerp oor die Beskerming van Staatsinligting, wat ook as die Snoerwet bekend staan, terugverwys na die parlement.
Een sterf ná ‘dronk’ student bestuur
ʼn 20-jarige student is dood ná ʼn ongeluk Donderdagoggend in Potchefstroom, Noordwes.
Bloem-tronkbewaarders staak
Tronkbewaarders van die Mangaung-gevangenis in Bloemfontein het Woensdag aan ʼn onbeskermde staking begin deelneem.
Chanelle Henning-saak: Vermeende moordenaars het “saamgesweer”
Die Gautengse hooggeregshof in Pretoria het Woensdag aangehoor daar is genoeg bewyse wat daarop dui dat die voormalige Nigeriese Olimpiese atleet, Ambrose Monye, en sy vriend, André Gouws, saamgesweer het om Chanelle Henning te vermoor.
200 Beskuit en Biscotti-resepte
Hierdie unieke kookboek met ongeveer 200 resepte vir beskuit en biscotti sal by menigte Suid- Afrikaners aanklank vind.
Gupta-huishulp vas vir roof
ʼn Huishulp wat in ʼn huis van die Gupta-familie in Houghton in Johannesburg werk, is Woensdag in hegtenis geneem in verband met ʼn roof wat by die huis plaasgevind het.
Dié Gupta dalk gehang
Pawan Gupta sal môre hoor of hy die doodstraf opgelê gaan word. Dit het egter niks met die Guptas se gebruik van die Waterklooflugmabasis te make nie.
DA se jammer oor valse ANC-pamflette
Die DA het om verskoning gevra vir pamflette wat tydens die onlangse tussenverkiesing van die Tlokwe-munisipaliteit, in Noordwes, verprei is wat die ANC wanvoorstel, het The Star Donderdag berig.
Zimbabwe-eiendom in Kaapstad dalk Maandag opgeveil
Dit sal die hoogtepunt wees van ’n vier jaar lange regstryd waarmee AfriForum Zimbabwiese boere bygestaan het.
‘n Mengsel van jonk en oud vir die All Blacks teen die Springbokke
Die All Blacks wie die Springbokke Saterdag in Auckland aanvat, is aangekondig. Dis ‘n mengsel van jonk en oud, ervare en minder ervare.
Vier vat mediese raad hof toe oor plastiese chirurg
Vier mense het die Raad op Gesondheidsberoepe (RGB) by die hooggeregshof aangekla vir beweerde wanpraktykte deur ʼn plastiese chirurg van Benoni, het The Star Donderdag berig.