Terwyl sy werknemer, Sanele Goodness May vandag weer in die landdroshof in Pinetown verskyn het, het die eienaar van die vragmotor wat vroeër vandeesmaand in ’n gru-ongeluk vir die dood van 23 mense in Pinetown verantwoordelik was, gevra dat Suid-Afrikaners kalm moet wag vir al die ondersoeke oor die ongeluk om afgehandel te word.
Lees meerAlles vir Maandag 16 September 2013
Minibus wat kreun onder daggavrag in die Vrystaat afgetrek
’n Minibus met meer as ’n ton dagga, vermoedelik oppad na Gauteng, is Maandag op die R103 naby Cornelia vasgetrek.
Aantal sterftes in openbare skietaanval in Amerika nog onbekend
Daar was nog ’n openbare skietaanval in Amerika – dié keer by die Vloot in Washington, waar ’n onbekende aanvaller (sommige bronne beweer selfs dat…
Nkandla: Madonsela-verslag sloer weens uitstaande inligting
’n Verslag deur die openbare beskermer, Thuli Madonsela, oor die omstrede verbeterings aan president Jacob Zuma se private woning in die noorde van KwaZulu-Natal kan nog nie voltooi word nie, aangesien Madonsela steeds nie al die nodige inligting ontvang het nie.
Christene geteiken in Egiptiese opstande
Die spanning in die dorpie Delga in sentraal Egipte, het vandag breekpunt bereik toe troepe en polisielede die dorp ingeval en weer in besit geneem het. Dit volg nadat dié dorpie met sy nagenoeg 120 000 inwoners vir meer as 31 dae deur volgelinge van die onttroonde president, Mohamed Morsi, aangehou is.
Oud-skoolhoof van Zeerust vermoor
Sollie Botha (71) ʼn oud-skoolhoof van Laerskool Zeerust in Noordwes is Sondagoggend in die vroeë oggendure tydens ʼn huisrooftog doodgeskiet.
Hondegevegte neem toe
Die Kaap van Goeie Hoop se DBV is van mening dat hondegevegtesindikate “hoogs geheimsinnig”, “paranoïes” en ook “dink dat hulle bo die wet verhewe is”.
Video: Flippie Engelbrecht-aanrandingsaak: Humeure loop hoog buite hof
Nóg aanklagte kan moontlik gebring word teen Wilhelm Treurnicht, ‘n beskuldigde in die saak van aanranding van Flippie Engelbrecht.
“Ons vir jou” is terug op publieke aanvraag
Na vier jaar se onophoudelike navrae, kan die Boereoorlog-musiekspel, Ons vir Jou, uiteindelik vanaf 5 Oktober 2013 vir die eerste keer in Kaapstad gesien word.
Borgtog-blaps: ‘Moordenaar’ nou op vrye voet
Die KwaZulu-Natalse polisie het ʼn R15 000-beloning aangebied vir enigiemand wat inligting het oor ʼn beweerde moordenaar wat per ongeluk vrygelaat is weens ʼn “administratiewe fout”.
Waterkloof-2 moet terug tronk toe
Die hooggeregshof in Pretoria het Maandag beslis dat twee van die sogenaamde Waterkloof-4 terug moet gaan tronk toe, het die SAUK berig.
Rugbyspeler verdrink op toer
ʼn Stut van die Luiperds-rugbyspan in Potchefstroom wat saam met sy spanmaats op toer was in Oos-Londen, het oor die naweek verdrink nadat hy deur ʼn seestroom meegesleur is.
Bismarck du Plessis se rooikaart word teruggetrek
Die dissiplinêre verhoor teen Bismarck du Plessis het gelas dat die rooikaart van sy rekord verwyder word nadat Gerrie Swart, Bismarck se regsverteenwoordiger, gevra het vir ‘n bespoediging van die speler se verhoor.
Polisie skiet oproerige drinkers
Twee mans is oor die naweek in Bloemfontein geskiet nadat hulle in ʼn kroeg oproerig geraak en glo polisiebeamptes aangeval het.
Klankbaan: Bakgat! Tot die mag 3
Bakgat! 3 is die finale film van die uiters gewilde Bakgat!-trilogie. Is daar ’n gelukkige einde wat vir Wimpie en Katrien en die res van die Bakgat!-bende wag? Die album van dié Afrikaanse rolprent is nou beskikbaar.
Polisie ondersoek beeldpoetser se ‘bordeel’
Die polisie ondersoek beweringe dat Makhosini Nkosi, ʼn voormalige woordvoerder van die polisie en die nasionale vervolgingsgesag, ʼn bordeel vanuit sy perseel in Randburg bedryf.
Vermeende uitskot-strooiers in die hof
Nege mans wat glo menslike uitskot by die Kaapstadse internasionale lughawe gestort het, het Maandag vlugtig in die Bellville-landdroshof verskyn.
Video: Van Coke Kartel: Bloed, sweet en trane
Van Coke Kartel haal hulle groot gewere uit met die bekendstelling van hul vyfde album, Bloed, Sweet & Trane.
Regering ondersoek ontvoering van SA-sakeman
Die ontvoering van ʼn Suid-Afrikaner in Pakistan is besig om deur die regering ondersoek te word, het die departement van internasionale betrekkinge Maandag gesê.
Seun verdrink in swembad by skool vir blindes
ʼn Negejarige seun het Sondagaand omstreeks 23:00 in ʼn swembad in Christiana, Noordwes, verdrink.