Die verkiesingshof in Bloemfontein het vanaand in vyf gediskwalifiseerde onafhanklike kandidate in die tussenverkiesing in Tlokwe in Potchefstroom se guns beslis nadat die klaers met ’n hofgeding teen die Onafhanklike Verkiesingskommissie begin het.
Lees meerAlles vir Dinsdag 17 September 2013
Eerste ruimtevrou wil eerste Mars-ouma word
Valentina Tereshkova (76), wat as 26-jarige op 16 Junie 1963 die eerste vrou in die ruimte geword het, hoop om oor tien jaar, 60 jaar na haar eerste ruimtereis, na Mars te vertrek as deel van die Mars One-projek
Uitspraak in Tlokwe-tussenverkiesingshofgeding voorbehou
Die verkiesingshof in Bloemfontein het vandag uitspraak voorbehou in ’n hofgeding tussen die Onafhanklike Verkiesingskommissie en vyf gediskwalifiseerde onafhanklike kandidate in die tussenverkiesing in Tlokwe in Potchefstroom wat môre moet plaasvind.
Suid-Afrikaner maak gestrande Costa Concordia weer vlot
Die Italiaanse passasierskip, die Costa Concordia, wat op 13 Januarie verlede jaar op ’n rif naby die eiland Giglio, naby Italië se weskus gestrand en omgeslaan het, is vandag, ná ’n gespook van 19 ure weer regop getrek.
Baba kritiek ná sy van rusbank af val
ʼn Agt maande oue babadogtertjie is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat sy Dinsdag van ʼn rusbank af geval en op haar kop te lande gekom het.
Oupa en kleinkinders glo in gru-huis aangehou weens godsdienstige redes
Twee sussies en hul broer van Pretoria het Maandag en Dinsdag in die Atteridgeville-landdroshof verskyn op aanklagte van moord, ontvoering, en regsverydeling.
Hierdie bakkies verkoop die meeste
Suid-Afrika se Groot Vyf wat bakkieverkope betref, spook steeds genadeloos sake uit met die verwagting dat die onlangse staking in die motorbedryf groot skade ten opsigte van September se verkope gaan aanrig.
Honderde sterf weens diarree in buurland
Owerhede in Mosambiek het Dinsdag gesê nagenoeg 100 mense is dood nadat diarree in die sentrale provinsie uitgebreek het.
Video: ‘Trekkers’ volg in Piet Retief se voetspore
175 jaar na die geskiedkundige Groot Trek wil ‘n groep hedendaagse Voortrekkers nou dieselfde roete as die trekleier Piet Retief van die Oos-Kaap tot in KwaZulu-Natal volg.
Priester hier en oorsee in sop oor lollery met kinders
Georg Kerkhoff, ʼn Duitse priester wat in Suid-Afrika teregstaan vir kindermishandeling, mag dalk uitgelewer word weens 36 of meer aanklagte van seksuele misdrywe teen kinders in Duitsland.
Korporaal weer in hof vir moord by Bloem-lugmagbasis
‘n Korporaal van die SA Lugmag wat by Bloemspruit-lugmagbasis gestasioneer was, het Dinsdag weer vlugtig op ‘n aanklag van moord in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.
Helpende Hand wys “Gesigte van armoede”
Armoede lyk nie vir almal dieselfde nie. Mense wat self in armoede vasgevang is, ervaar dit as ʼn tekort aan verskeie tasbare dinge.
Foto: Busbestuurder sterf in trompop botsing
ʼn Busbestuurder is dood en 10 mense is beseer nadat ʼn bus en ʼn minibus-taxi Dinsdagoggend mekaar reg van voor in Johannesburg getref het.
Video: Hier is die 25 bestes in die soeke na die Grootste Liedjie
Altesaam 25 finaliste in Maroela Media se Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye-kompetisie is bekend gemaak.
Twee aanvalle in twee dae in Zeerust
ʼn Bejaarde vrou is verkrag en ʼn boer geskiet tydens ʼn plaasaanval Maandag op ʼn plaas naby Zeerust. Dit volg skaars ʼn dag nadat ʼn afgetrede laerskoolhoof in sy huis in die dorp doodgeskiet en sy vrou aangerand is.
Uitdrukking: Van die reën in die drup kom
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die Afrikaanse uitdrukking “Van die reën in die drup kom”.
Vavi sê jammer op Twitter
Zwelinzima Vavi, die geskorste uitvoerende hoof van Cosatu, het Maandag Twitter as platform gebruik om om verskoning te vra ná ʼn opmerking oor ʼn kollega met wie hy in ʼn verhouding was.
Hier’s die rykstes
Die Forbes-tydskrif het pas sy lys van 400 rykste Amerikaners bekend gemaak.
Nuuskommentaar: Moorde en plaasmoorde in perspektief
Om buitelandse insidente met plaasmoorde in Suid-Afrika te vergelyk, is soos om appels met pere te vergelyk, maar die pere is besonder groot. Dit stel tog sekere perspektiewe daar.
Drie pleit skuldig aan Muldersdrift-moorde
Drie mans wat daarvan aangekla word dat hulle Alyssa Botha (13) en André Jordaan (50) verlede jaar in Muldersdrift vermoor het, het Maandag skuldig gepleit op dié moorde asook ʼn reeks misdrywe in die gebied.