Die hoeveelheid kinderarbeiders het die afgelope 13 jaar van 246 miljoen tot 168 miljoen afgeneem.
Lees meerAlles vir Maandag 23 September 2013
Metropolisiebeampte vas vir moord
ʼn Bloemfonteinse metropolisiebeampte is in hegtenis geneem nadat hy glo Sondagaand ʼn man naby ʼn kuierplek doodgeskiet het.
Foto: Man sterf ná trok rol
ʼn Man is Maandag dood en nog een beseer, nadat die vragmotor waarmee hulle gery het op die R33 tussen Wartburg en Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal gerol het.
Kreatiewe siele skitter
Die room van die reklamebedryf het vandeesweek oudergewoonte geskitter, maar dit was nie nét die groot name wat deelgeneem het nie.
Loeries beloon bestes
Die reklamebedryf dra jaarliks miljarde rand by tot Suid-Afrika se ekonomie en skep duisende werksgeleenthede.
AfriForum Jeug steek ras weg by parlement
AfriForum Jeug gaan Dinsdag ʼn memorandum teen rasseklassifikasie by die Suid-Afrikaanse Parlement indien en protes teen sodanige klassifikasie aanteken deur koussakke oor hulle koppe te trek.
Kenia-bloedblad: Byna alle gyselaars vry, twee soldate sterf
Twee soldate het gesterf tydens die voortdurende militêre aksie by die Westgate-winkelsentrum in Nairobi, Kenia, waar hulle kon slaag om byna al die gyselaars te bevry.
Waterkloof-2 amptelik weer agter tralies
Reinach Tiedt en Gert van Schalkwyk, twee van die sogenaamde Watekloof-4, is weer agter tralies by die Zonderwater-gevangenis naby Cullinan in Pretoria.
AfriForum: “Kulturele vandalisme van Pretoria se naam belemmer Erfenisdag”
Volgens die burgerregte-organisasie AfriForum word vanjaar se Erfenisdag belemmer deur die Tshwane Metroraad se hernieude pogings om Pretoria se naam te verander. AfriForum beskou dit as ʼn daad van kulturele vandalisme.
Video’s: Braaidag met fanfare gevier
Suid-Afrikaners vier Dinsdag Nasionale Erfenisdag.
“Richard Mdluli moet teregstaan”
Die nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV) is Maandag beveel om kriminele aanklagte teen Richard Mdluli, die geskorste hoof van die polisie en die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, weer in te stel.
Vyfjarige skryf ‘n brief aan elke land
Toby Little van Sheffield in Engeland het ʼn groot droom: om ʼn brief aan elke land in die wêreld te stuur.
Britse oumatjie van 107 mag nog bestuur
Die oudste Brit wat wettig agter die stuur mag inklim en iewers heen ry, is ‘n vrou van 107 jaar oud.
Selfmoordbommers eis 78 in kerk
Twee selfmoordbommers het Sondag op ʼn 130 jaar oue Anglikaanse kerk in Pakistan toegeslaan en die dood van minstens 78 mense veroorsaak. Reuters berig 34…
Waterkloof-2 moet vandag terug tronk toe
Reinach Tiedt en Gert van Schalkwyk, twee van die sogenaamde Waterkloof-4, het tot vandag tot 12:00 tyd om by die Zonderwater-gevangenis naby Cullinan, Pretoria, aan…
Gru-vonds by Montecasino
Die ontbinde liggaam van ʼn man is oor die naweek in die kattebak van ʼn motor by Montecasino in Gauteng gevind.
Maroela Media Top 20 23 September 2013
1. Die gras is altyd groener- Dogters van Man 2. Hande- Karlien van Jaarsveld 3. Superman- Adam 4. Spyt kom te laat- Ricus Nel 5….
Metro-polisie se bande en battery verdwyn
Die eThekwini-metropolisie in Durban het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat verskeie batterye en bande van hul amptelike voertuie gesteel is, het The Witness Maandag berig.
“Só lyk ʼn post-regstellendeaksie Suid-Afrika”
Tyd vir sosiale dialoog nou ryper as ooit – Dr. Dirk Hermann
Video: Spesiale magte help by Kenia-bloedbad
Die nuusdiens AFP het hul kameraspanne na die Westgate-winkelsentrum in Nairobi, Kenia, gestuur toe die plaaslike polisie en spesiale magte ontbied is om die winkelsentrum te ontruim.