Hoewel die Al-Shabaab-aanval op die luukse Westgate-winkelsentrum in Nairobi, Kenia, ten nouste verbind word – ook volgens die aansprake van Al Shabaab selfs via Twitter, aan Kenia se inval in 2011 teen Al Shabaab in Somalië – lê die wortels veel dieper.
Alles vir Maandag 23 September 2013
Joost wil biografie keer
Die voormalige Springbokrugbyspeler, Joost van der Westhuizen, se prokureurs het ’n dringende aansoek by die hof ingedien om te verhoed dat ʼn boek van sy lewe en huwelik saam Amor gepubliseer word, het Beeld Maandag berig.
Voorgestelde wetgewing stel natuurlike hulpbronne in gevaar
AfriForum is bekommerd oor die voorgestelde wysigings aan omgewingswetgewing na aanleiding van die verdeling van omgewingsverantwoordelikhede tussen die departement van omgewingsake (DEA) en die departement van minerale (DM).
Video: Binne die Kenia-bloedbad
Een van die ooggetuies wat in Nairobi, Kenia in die Westgate-winkelsentrum was toe ʼn groep mans losgebrand en talle mense, waaronder ʼn Suid-Afrikaner, doodgeskiet het, het ʼn video van die voorval aan CCTV Africa gestuur.
Natal-botsing eis twee
Twee mense is Maandag dood en ses het ernstige beserings opgedoen nadat ʼn bakkie met passasiers agterop op die N2-snelweg in KwaZulu-Natal naby die Tugela-brug aan die Noordkus gebots het.
Emmy’s: Hier is die wenners
Die jaarlikse Emmy-toekennings is Sondagaand in Amerika uitgeloof.
Kenia-bloedbad: SA’ner se naam bekend
Drie kragtige ontploffings gevolg deur geweerskote is Maandagoggend buite die Westgate-winkelsentrum in Nairobi, Kenya gehoor terwyl veiligheidsmagte steeds probeer om ʼn bloedige terreuraanval tot ʼn einde te bring.
Rekordgetal renosters reeds vanjaar gestroop
ʼn Rekordgetal renosters is reeds vanjaar in Suid-Afrika vir hul horings doodgemaak volgens statistiek wat Sondag op Wêreldrenosterdag bekend gemaak is.
Gedagte vir die dag: Moedig mekaar aan
Eksodus 20:8-11 – Sorg dat jy die Sabbatdag heilig hou. Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet, maar die sewende dag is…