Die Italiaanse duikspan wat na die liggame van die twee mense soek, wat nog vermis word ná die Costa Concordia-bootramp verlede jaar, het vandag op ’n menslike oorskot afgekom.
Lees meerAlles vir Donderdag 26 September 2013
Baba se ekstra skedel verwyder
Dokters in die stad van Jalalabad in Afghanistan het verlede week ’n ingewikkelde operasie op klein Asree Gul (haar naam beteken “nuwe blom”) uitgevoer om die ekstra skedel, waarmee sy gebore is, te verwyder.
Foto: Bejaardes sterf in N4-botsing
Twee bejaardes is dood en twee mense is ernstig beseer tydens ʼn ongeluk wat Donderdagmiddag op die N4-snelweg in Pretoria naby die Watermeyer-afrit plaasgevind het.
Poemas wil die All Blacks klop
Nes die Springbokke keer die Argetynse Poemas hierdie naweek terug na hul tuisveld ná ’n toer na Australasië, maar anders as die Suid-Afrikaners staar hulle ’n feitlik onoorkomelike uitdaging in die gesig: Om die All Blacks te klop.
UJ dun beste Afrikaanse skrywers uit
Die Universiteit van Johannesburg (UJ) het pas hul kortlys vir die gesogte beste skeppende skryfwerk in Afrikaans bekend gestel.
Video: Klein maar ‘getrain’
Twee jong susters met Springbokbloed in hulle are kan Suid-Afrika se eie Venus en Serena Williams word.
Madiba-standbeeld by Uniegebou kos R8 miljoen
ʼn Nege meter hoë standbeeld van oudpres. Nelson Mandela gaan by die Uniegebou in Pretoria opgerig word.
Foto’s: Skote klap in Gauteng
Waarskuwing: Die foto’s onderaan die artikel is grafies van aard en mag sensitiewe lesers ontstel.
E-tol: “Meerderheid motoriste sal nie registreer”
Justice Project South Africa (JPSA) glo dat die meerderheid motoriste steeds nie vir die Gautengse e-tolstelsel sal registreer of e-tolskyfies sal aanskaf nie.
‘n Fontein voor ons deur
ʼn Dekade of wat gelede het Marita van der Vyver soos ʼn wafferse prinses van ʼn verre land deur Frankryk gereis en ʼn vreeslike verleidelike padda leer ken.
Polisie-hoë bedank glo oor matriek
Kol. Vincent Mdunge, ʼn hoëvlak-polisiebeampte en -woordvoerder van KwaZulu-Natal, het bedank weens beweringe dat hy ʼn ongeldige matrieksertifikaat het.
Staggie: Van geharde bendeleier tot skoonmaker
Rashied Staggie (57), die voormalige leier van die Kaapstadse Hard Livings-bende, wat tans uit is op dagparool, gaan glo van vandag af as ʼn algemene skoonmaker by ʼn kantoor in Belville werk.
“Tussen hemel en aarde” laat jou die skepping soos ʼn kind ontdek
As jy by die saaldeure waar “Tussen hemel en aarde” vertoon word instap, en matrassies op die vloer aantref in plaas van stoele in netjiese rye, weet jy dié vertoning kyk anders na teater. Nes TT Cloete se poësie anders na die lewe kyk.
Nuuskommentaar: Waardegedrewe joernalistiek vir oorlewing
Terwyl gedrukte koerante wêreldwyd noustrop trek, is daar ook hier en daar uitsonderings.
Jong man in hof wat vermeende stroper skiet
Richard Hume (31), die seun van ’n bekende renosterteler in Mpumalanga, word aangekla van poging tot moord nadat hy glo ’n vermeende wildstroper in die gesin se privaat wildreservaat geskiet het, het Beeld Donderdag berig.
Montecasino-lyk: Oud-ontkleedanseres in hof
ʼn Vrou wat verbind word aan die man wie se ontbinde liggaam die naweek in sy voertuig se kattebak by Montecasino gevind is, het gister in die Randburg-landdroshof verskyn.
Mandela sit glo regop
Oudpres. Nelson Mandela “sit regop en kyk rond”, het The New Age Donderdag berig.
Zim se sianied-stropers kry tronkstraf
ʼn Zimbabwiese hof het Woensdag drie stropers tot ten minste 15 jaar tronkstraf elk gevonnis nadat hulle 81 olifante vir hul tande gestroop het deur die diere met sianied te vergiftig.
Twee verdrink glo na hulle probeer help
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) sê twee 16-jarige leerlinge word vermis en het vermoedelik verdrink nadat hulle ʼn ander leerling uit die see probeer help het by Kampsbaai in Kaapstad.
Ondertekening van e-tolwet ʼn ‘belediging’
President Jacob Zuma het Suid-Afrikaners beledig deur die e-tolwet te onderteken op die dag wat die saak in die hoogste hof van appèl aangehoor is, het die DA gesê.