Vuurwapens en ammunisie is in ʼn veld buite Naboomspruit, Limpopo gevind.
Lees meerAlles vir Sondag 29 September 2013
Drie sterf in N4-botsing
Drie mans is Sondagoggend dood en een beseer nadat hulle motor op die N4 tussen Witbank en Middelburg omgeslaan het.
187 polisiebeamptes vas in twee maande
ʼn Totaal van 187 polisiebeamptes is die afgelope twee maande vir misdade soos moord, verkragting en roof in hegtenis geneem, berig die Sunday Times.
Plaaswerker vas vir moord
ʼn 19-jarige plaaswerker is Sondagoggend in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn ander plaaswerker vermoor het.
Twee sterf in vliegongeluk
Twee jong mans is dood nadat hulle ligte vliegtuig Sondagoggend by ʼn vliegveld in Klerksdorp, Noordwes neergestort het.
Goue handdruk vir oud-SAUK-nuushoof
Phil Molefe, voormalige nuushoof van die SAUK, is meer as R2 miljoen betaal toe hy die openbare uitsaaier in Mei vanjaar verlaat het, berig die Sunday Independent.
Zuma-skildery weer vertoon
ʼn Skildery wat president Jacob Zuma en die bloedbad by Marikana uitbeeld word nou weer by die FNB Joburg Kunsfees 2013 vertoon nadat dit vroeër verwyder is, berig die Sunday Independent.
Kwadfietsryers eindig in Ballito na 1000km-reis teen plaasmoorde
Die vyf slagoffers van plaasaanvalle, wat sedert Donderdag, 26 September 1000km tussen Johannesburg en KwaZulu-Natal afgelê het vir die bewusmaking van plaasmoorde se reis eindig vanmiddag in Ballito aan die KwaZulu-Natalse Noordkus.
Man sterf in Groblersdal-botsing
ʼn Man is Saterdag dood en drie mense is beseer in ʼn trompop-botsing in Groblersdal, Limpopo.
Man verdrink tydens partytjie
ʼn 22-jarige man het Saterdag tydens ʼn partytjie in Vanderbijlpark, Gauteng in ʼn rivier verdrink.
Gedagte vir die dag: Niks noem ek my eie meer…
Eksodus 20:15 -Jy mag nie steel nie Die Psalmdigter sê dat alles aan die Here behoort (24:1). Die Here het die verantwoordelikheid aan die mens…
All Blacks kry bonuspunt-sege
Die All Blacks het vier drieë teen die Poemas gedruk vir ‘n bonuspunt en daarmee ‘n uiters moeilike taak vir die Bokke volgende naweek op Ellispark geskep.