ʼn Beplande staking van petroljoggies deur die National Union of Metalworkers of SA (Numsa) in die motorbedryf, is vir eers opgeskort.
Alles vir die maand September 2013
Maroela Media Top 20 – 2 September 2013
Spyt kom te laat- Ricus Nel Hande- Karlien van Jaarsveld Jy het my gevind- Liza Brönner Dis hoe ons rol- Jay Gee, gee, gee- Mwah!
Rock-ster maak stem dik teen dolfynjag
Matt Sorum, die voormalige dromspeler vir die rockgroep Guns N’ Roses, besoek tans ʼn afgeleë Japannese visvangeiland om teen die dorp se jaarlikse dolfynslagting te betoog.
Bejaarde boer glo weens grondhervorming vermoor
Gareth Johnson, ʼn bejaarde boer is oor die naweek op sy plaas naby Waterval-Boven, Mpumalanga, doodgeskiet.
Vroueliga betreur busongeluk-sterftes
Die ANC-vroueliga betreur die afsterwe van nege meisies en ‘n volwassene wat Sondag in ʼn ongeluk dood is. Die bus waarin hulle gery het, het op pad terug van ʼn rietdans-seremonie by Nongoma in KwaZulu-Natal gebots.
NFP verwelkom Mandela se tuiskoms
Die Nasionale Vryheidsparty (NFP) het saam met talle ander politieke partye oudpresident Nelson Mandela met sy tuiskoms verwelkom nadat hy Sondag uit die Medi-Clinic Harthospitaal in Pretoria ontslaan is.
Man vas oor moord op negejarige meisie
ʼn Man is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn negejarige meisie in Knysna in die Wes-Kaap.
Tien sterf in busongeluk
Tien mense is Sondag dood na ʼn busongeluk op die R66 naby die R34-kruising in Melmoth, KwaZulu-Natal.
Sewe sterf in gru-ongeluk
Sewe mense is Sondag dood in ʼn botsing tussen vyf voertuie op die N6 tussen Reddersburg en Bloemfontein in die Vrystaat.
Gedagte vir die dag: Erken skuld
Spreuke 19:3 Sy eie dwaasheid bring ‘n mens op die verkeerde pad en dan is hy kwaad vir die Here. Om skuld te erken wanneer…
SA-fotograaf vrygelaat
Egiptiese owerhede het Adil Bradlow, die Suid-Afrikaanse kameraman en fotojoernalis wat in die land aangehou is, vrygelaat, het die regering Sondag bevestig.
Jaagduiwel lieg glo oor rooftog
Vier motoriste is Sondag in Gauteng in hegtenis geneem en twee van hulle is teen meer as 200km/h op die N12 in ‘n oostelike rigting naby Voortrekker-afrit gevang.
Drie in winkel aan die brand gesteek
Drie mense is Sondag tydens ‘n sakeroof in Mahikeng in die Noordwes aan die brand gesteek.
Tiener sluk per ongeluk “tongring” in
Hayley Mann, ‘n 12-jarige van Mulbarton in Gauteng, sterk in die hospitaal aan nadat sy ‘n vals magneet-tongring ingesluk het.
Video: Kleuter eet rou uie soos appels
Die video volg onderaan die berig. ‘n Pa van Rusland het ‘n video op YouTube gelaai van sy dogtertjie wat rou uie soos appels eet….
ANN7 sou glo “pro-ANC” wees
‘n Voormalige redakteur van die ANN7-kanaal voer aan dat pres. Jacob Zuma versekering ontvang het dat die kanaal “pro-ANC” sal wees, het die City Press berig.
Een dood ná skietery by lugmagbasis
Een man is dood en ‘n ander is kritiek beseer nadat ‘n lid van die Suid-Afrikaanse Lugmag by die Bloemspruit-lugmagbasis in die Vrystaat op sy kollegas losgebrand het.
Vrou se stryd om ma te word
‘n Vrou in Kaapstad daag bestaande wetgewing rondom surrogaatskap wat vereis dat daar ‘n genetiese skakel met een van die ouers moet wees, het die Sunday Times berig.
Mandela ontslaan, terug by die huis
Voormalige president Nelson Mandela is Sondagoggend uit die hospitaal ontslaan en het veilig by sy huis in Houghton, Johannesburg, aangekom.
Obama wil militêr optree teen Sirië
President Obama het Saterdag gesê hy is gereed om militêr op te tree teen Siriese president Bashar al-Assad, maar dat hy eers goedkeuring moet kry voordat hy die militêre aanval kan loods.