Skaars ʼn dag nadat AfriForum ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen het om ʼn SMS te stuur as hulle wil hê Pretoria se naam moet Pretoria bly, het die organisasie meer as 100 000 SMSe ontvang ter ondersteuning van dié naam.
Lees meerAlles vir Dinsdag 1 Oktober 2013
Video: Motorfietsryers val man voor vrou en kind aan
ʼn Man en sy gesin is Sondag deur ʼn groep motorfietsryers aangeval na ‘n ligte ongeluk op ʼn hoofweg in Manhattan, Amerika.
“Gevangenes raak gefrustreerd met swak toestande in tronke”
Toestande in Suid-Afrikaanse tronke verswak en gevangenes raak al hoe meer gefrustreerd met hoe hulle behandel word, het die 2012/13 algemene verslag van die geregtelike inspektoraat vir die gevangenisdiens bevind.
Man klits kampterrein-rowers met kettie
Herman Engelbrecht, ʼn inwoner van Pretoria, het verlede week probeer om rowers met ‘n kettie van sy kampterrein weg te dryf tydens ʼn kamp-uitstappie by die Bon Accorddam, noord van Pretoria.
AfriForum-aansoek stuit R4 miljoen-betaling aan omstrede sakeman
Die Noord-Kaapse Hooggeregshof het gister ʼn tussentydse bevel aan AfriForum toegestaan waarin die betaling van R4,25 miljoen deur die Ga-Segonyana Munisipaliteit aan die omstrede sakeman, Wandile Bozwana, gekeer is.
Ontbinde lyk van swanger vrou in asblik in Bloem gevind
‘n 36-jarige man is Dinsdag in Bloemfontein in hegtenis geneem nadat hy vermoedelik sy swanger meisie vermoor het.
Video: Meer wild word in stede opgemerk
Kenners sê wilde diere word al hoe meer in stede opgemerk omdat die stadsgrense tot in hulle natuurlike habitat uitbrei.
“OcSober” skop af
Die “OcSober”-veldtog het vandag afgeskop – ‘n veldtog wat ʼn 31 dae lange uitdaging aan die publiek rig om nie in Oktober alkohol te drink nie.
Video: Verbruikers moet meer opdok vir hoender
Die regering se besluit om die invoertariewe van pluimvee te verhoog, gaan alle verbruikers se beursies raak.
UJ-prys bekroon 2012 se beste skrywers
Die Universiteit van Johannesburg (UJ) het pas die wenners van hul toekennings vir die beste skeppende skryfwerk in Afrikaans bekend gemaak.
“Krokodil wat vrou vang was ʼn reus”
Die krokodil wat die dogter van Dorette en Thys Cronjé, ʼn bejaarde sending-egpaar van die sendingstasie Motopi in Botswana, Maandag aangeval en doodgebyt het, was volgens ooggetuies reusagtig.
VSA “sluit” vandag
Die federale staatsdiens in die VSA “sluit” vandag as ‘n stap wat in Amerika as ‘n “shut down” bekend staan.
Joost-boek: Verhoor staan oor
Die voormalige Springbok Joost van der Westhuizen se dringende hofaansoek om die publikasie van ʼn boek oor die huwelik tussen hom en Amor Vittone te verbied, sal eers Woensdag in die Pretoriase hooggeregshof aangehoor word.
‘Stropers’ loop hul rieme vas in Pretoria
Vyf swaar gewapende vermeende renosterstropers is in hegtenis geneem na ʼn oor-en-weer skietery by die Rietvlei-natuurreservaat buite Pretoria.
Krokodil byt sending-egpaar se dogter voor kleinkind dood
Dorette en Thys Cronjé, ʼn bejaarde sending-egpaar wat die sendingpos op Motopi in Botswana in stand hou, se dogter, Danelle, is Maandag deur ʼn krokodil aangeval en doodgebyt.
Sorina verwag haar eersteling
“Tyd om die GOEIE NUUS met die hele wêreld te deel: Ek en manlief Braam verwag ons eersteling! Alle eer aan ons HERE GOD wat…
Twee in hof vir baba-aannemingslenter
Jennie-Lee Greyling (27) en haar kêrel, JP Beyleveld (27), ʼn paartjie van die Oos-Rand, het Maandag in die Edenvale-landdroshof verskyn nadat hulle glo ʼn baba aannemingslenter “bedryf” het, het Beeld Dinsdag berig.
Tshwane soek Beyoncé by fees teen R35 miljoen
Die Tshwane-metro wil die internasionale popster Beyoncé na Suid-Afrika toe bring vir volgende jaar se viering van 20 jaar van demokrasie, het Beeld Dinsdag berig.
Nuuskommentaar: Zuma (al weer) onder skoot
Uiteindelik moet Zuma self pa staan vir uitlatings wat die buitelandse media soos emmers Wes-Kaapse vloerpolitoer tref.
Oscar Pistorius kry forensiese kenners van VSA
Forensiese ondersoekbeamptes van Amerika gaan die moordverdagte, Oscar Pistorius, se regspan bystaan om voor te berei vir sy verhoor wat volgende jaar afskop.