Die veroordeelde reeksverkragter en -ontsnapper Annanias Mathe het uit die Ebongweni C-Max-gevangenis naby Kokstad, KwaZulu-Natal probeer ontsnap, berig die Sunday Tribune.
Lees meerAlles vir Sondag 6 Oktober 2013
‘Ons het vir advertensieborde oor ANC, e-tol betaal’
Dit het Sondag aan die lig gekom wie betaal het vir die advertensieborde langs Gautengse hoofweë wat met die ANC en die e-tolstelsel gekskeer.
Premier: Geen borg vir ‘moordenaar’
Thandi Modise, premier van Noordwes, het gevra dat ʼn man wat daarvan beskuldig word dat hy sy 19-jarige meisie met ʼn baksteen doodgeslaan het, borg geweier word.
‘Ontvoerde’ sakeman terug in SA
ʼn Suid-Afrikaanse sakeman wat deur intelligensie-owerhede in Pakistan aangehou is, is veilig terug tuis berig eNews Channel Africa (eNCA). Daar is aanvanklik gedink dat Arshad Ali ontvoer is.
Polisie op soek na kapers
Die polisie in Krugersdorp en Muldersdrift aan die Wes-Rand is op soek na drie kapers wat hulself glo as polisiebeamptes voordoen.
Twee mans gewond in skietery
Twee mans is Saterdagaand in ʼn skietery in Randfontein aan die Wes-Rand gewond.
Guptagate: ‘Zuma sou afvaardiging ontmoet’
Sewe helikopters wat trougaste van die Gupta-familie vervoer het, was toegelaat om van die Waterkloof-lugmagbasis na Pilanesberg te vlieg om met president Jacob Zuma te ontmoet, berig City Press.
R180 miljoen om 260 000 te besny
Die departement van gesondheid in Mpumalanga het ʼn multimiljoenrand kontrak vir besnydenis opgeskort na afloop van ʼn ondersoek deur Corruption Watch.
Man sit lank vir verkragtings
ʼn Man is sewe keer lewenslange tronkstraf opgelê vir die verkragting van 11 vroue en ʼn 14-jarige meisie.
Motorfietsryer sterf in ongeluk
ʼn 18-jarige man is Sondagoggend in ʼn motorfietsongeluk in Bloemfontein dood.
Drie kinders sterf in brand
ʼn Man en vrou is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal en drie kinders is dood na ‘n brand by ʼn woonstelblok in Meyerton, Gauteng.
Wallabies verras die Argentynse Poemas
Australië het vir ‘n effense verrassing gesorg toe hulle sewe drieë ingeryg het om die moedige span van Argentinië te klop.
Gedagte vir die dag: ’n Gereelde rusdag
Eksodus 20:8-11: Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet, maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God….