Wetenskaplikes van China het nou moontlik ‘n kuur vir babelaas opgespoor.
Lees meerAlles vir Woensdag 9 Oktober 2013
Video: Dié skool verbied speelgoed en wawiele
Skoliere by Weber Middle School in New York, Amerika, word verbied om met rugbyballe, sokkerballe of enige ander sporttoerusting te speel wat moontlik beserings kan veroorsaak.
Vrou jok glo oor beserings in ongeluk
Johanna Magdelena Serfontein (48), wat glo ‘n valse beseringseis by die Padongelukkefonds (POF) ingedien het, het Woensdag in die Belville gespesialiseerde handelsmisdaadhof verskyn.
Verkeerde been geamputeer
‘n Hospitaal in Brasilië sê ‘n pasiënt is nou altwee sy bene kwyt nadat dokters per ongeluk die verkeerde been geamputeer het.
Cell C kla oor kompetisie
Cell C het ‘n klag ingedien teen MTN en Vodacom vir anti-mededingende gedrag.
Anene Booysen: Hof besoek kroeg
Die hof het Woensdag ‘n besoek afgelê aan die kroeg in Bredasdorp in die Wes-Kaap as deel van die verkragting- en moordsaak teen Johannes Kana
Onderwysers geskors ná verdrinking
Drie onderwysers van die Skool vir Blindes in Christiana is geskors ná ‘n negejarige leerling hier verdrink het.
Departement sê hoeveel kinders per skool
Die grondwethof in Johannesburg het verlede week beslis dat die departement van onderwys die finale sê het oor die hoeveelheid kinders wat in ʼn openbare skool toegelaat moet word, ongeag die getalle wat deur die skool se eie beheerliggaam vasgestel is.
ANC se Twitter-veldtog boemerang
Die ANC het in reaksie op die DA se buitelug advertensieborde, “E-tolls proudly brought to you by the ANC” ʼn Twitter-veldtog van stapel gestuur in ʼn poging om te spog met die “goeie dinge” wat die party al gedoen het, maar moet nou sy neus kyk nadat dié poging geboemerang het.
Video: Kankerpasiëntjies “sing” oor hul dapperheid
“Kyk na dié video wanneer jy nodig het om te besef wat eintlik belangrik is,” het een van die gebruikers op YouTube in sy kommentaar geskryf.
ANC veldtog
… <script type=”text/javascript”>// <![CDATA[ !function(d,s,id){var js,fjs=d.getElementsByTagName(s)[0],p=/^http:/.test(d.location)?’http’:’https’;if(!d.getElementById(id)){js=d.createElement(s);js.id=id;js.src=p+”://platform.twitter.com/widgets.js”;fjs.parentNode.insertBefore(js,fjs);}}(document,”script”,”twitter-wjs”); // ]]></script>
Toltariewe in Staatskoerant bekendgemaak
Die beplande e-toltariewe vir Gautengse hoofweë is Woensdag in die Staatskoerant gepubliseer.
Nobelpryswenners vir Chemie bekend
Die drie wetenskaplikes wat vanjaar se Nobelprys vir Chemie deel, is pas bekend gemaak.
Passasier land vliegtuig in noodtoestand
‘n Passasier, sonder vliegervaring, het Dinsdagaand ‘n noodlanding met ‘n ligte vliegtuig in Engeland uitgevoer nadat die vlieënier siek geword het.
Mandla Mandela weer in die sop
Mandla Mandela, die omstrede kleinseun van oud-president Nelson Mandela wat Mandela se kinders se grafte sonder toestemming geskuif het, is weer in die sop nadat hy glo ʼn vuurwapen op iemand gerig het.
Montecasino-lyk: Twee bly in aanhouding
Jean-Pierre Malan (32) en Maruschka Robinson (24) het Woensdag vlugtig in die Randburg-landdroshof in verband met die moord op Dustan Blom (36).
Pumas is die groot gunstelinge
Tensy die OP Kings hul spelpeil skielik tot ’n nuwe vlak neem en die Steval Pumas onverwags oor die laaste hekkie struikel, gaan die Curriebekerreeks se Eerstelig-beker Vrydagaand in Nelspruit staangemaak word.
“Omstrede” sakeman wil AfriForum muilband
Die omstrede sake-onderneming TEB Properties en sy direkteur, Wandile Bozwana, bring Dinsdag ’n dringende aansoek in die Noord-Gautengse hooggeregshof om AfriForum te verhoed om verder in die openbaar menings oor sy sakebedrywighede uit te spreek.
Grootste Afrikaanse liedjie-kategoriewenners bekendgemaak
Die vyf kategoriewenners in Maroela Media se Grootste Afrikaanse Liedjie-veldtog.
“Gesteelde” baba: Ma was glo nooit eers swanger nie
Die vrou van Kempton Park wat aangevoer het dat haar twee weekoue baba tydens ʼn huisbraak gesteel is, was glo nooit eers swanger nie.