‘n Man wat aan ‘n sataniese ritueel deelgeneem het, wou glo meer mag gehad het nadat hulle Kirsty Theologo “geoffer” het, het die Johannesburgse hooggeregshof Donderdag in Palm Ridge aangehoor.
Lees meerAlles vir Donderdag 10 Oktober 2013
Twee vas ná oproerige gedrag op Mango-vlug
Twee passasiers is Donderdag in hegtenis geneem vir ontwrigtende gedrag teenoor die kajuitbemanning en mede-passasiers op ‘n Mango-vlug, het dié laekoste-lugredery gesê.
Meer as 14 000 onderwysers verlaat die departement
Meer as 14 000 onderwysers het die departement van basiese onderwys se diens in die 2012/13 finansiële jaar verlaat, het minister Angie Motshekga Donderdag gesê.
Baard-moord: Viviers skuldig bevind
Rudolph Viviers, wat ‘n Moslem-man doodgeslaan het in ‘n argument oor sy baard, is Donderdag effektief tot agt jaar tronkstraf gevonnis, het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gesê.
Pastoor skuldig bevind aan moord
‘n Pastoor van Mpumalanga is Donderdag skuldig bevind aan moord nadat hy ‘n vermeende dief met ‘n bylsteel doodgeslaan het.
Minstens 6 weke voor e-tol begin
Die departement van vervoer het Donderdag bekend gemaak dat dit ten minste ses weke gaan duur voordat die e-tolstelsel in Gauteng in werking gaan tree.
UJ pos dekaan van wetenskap
Die Universiteit van Johannesburg (UJ) het Donderdag sy uitvoerende dekaan van wetenskap, prof. Bheka Mamba, geskors weens bewerings van finansiële ongerymdhede.
Kanadees kry Nobel-literatuurprys
Die Kanadese kortverhaalskryfster, die 82-jarige Alice Munro, het die Nobel-literatuurprys ontvang.
Hond verjaag rowers in PTA-spogbuurt
Tayla, ʼn pitbull-teef, het Donderdagoggend vier rowers van ʼn huis in Waterkloof in Pretoria, verjaag nadat die groep mans ʼn gesin daar beroof het.
Glipsie: “Wenner” van presidentsverkiesing dag voor verkiesing bekend gemaak
Niemand het, luidens die Nederlandse gehaltekoerant Trouw, verwag dat die presidentsverkiesing in Azerbeidjan regverdig sou verloop nie.
Video: Brandbestryder red katjie
Die video volg onderaan die berig. ‘n Video van ‘n brandbestryder wat ‘n katjie se lewe ná ‘n brand gered het, is reeds meer as…
PTA-kleuter skok dood buite huis
ʼn Tweejarige seun van Pretoria is doodgeskok terwyl hy saam met sy maats buite sy huis gespeel het.
Resep: Rooislaai
Hierdie kombinasie van die beste rooi groente en vrugte waarmee die natuur ons seën, lewer ‘n baie interessante slaai wat smaaklik is saam met enige vleisie wat jy op die kole gooi.
Libiese premier vrygelaat
Ali Zeidan, die Libiese eerste minister, is Donderdag vrygelaat ná hy ‘n paar uur lank aangehou is nadat hy vroeg Donderdagoggend glo deur militante uit sy hotelkamer in die hoofstad Tripoli ontvoer is.
E-tol: “Massaprotes onwaarskynlik” – regering
Die regering het Donderdag aangedui ʼn massaprotes oor die inwerkstelling van die e-tolstelsel op Gautengse hoofweë is onwaarskynlik.
Phalaborwa-skoliere takel bende glo met messe
Chaos het Woensdag in Phalaborwa in Limpopo uitgebreek toe ʼn groep skoolkinders, glo van Hoërskool Frans du Toit, en ʼn vermeende bende mekaar in die dorp se strate getakel het.
Alliansie vasbeslote om regering te stuit oor hidrobreking in die Karoo
‘n Video oor wat hidrobreking vir die Karoo sal inhou volg onderaan die berig.
Man skiet polisieman, homself
ʼn Johannesburgse polisiebeampte is Donderdagoggend geskiet nadat hy ʼn man voorgekeer en deursoek het.
Nuuskommentaar: E-tollenaars se “breede weg” na die verkiesing
Op “de breede weg” gaan dit te flink, maar dié pad kom uiteindelik by ou Nick Slypstert uit, en dan begin die erge moeilikheid…
Allegaartjie 2 – Program 178
Hettie Brittz bespreek emosionele onvolwasse gedrag, Dr Hannetjie van Zyl-Edeling gee nog wenke vir positiewe veroudering en Chris Vorster vertel ons meer van sy teaterstuk, Affairs vir Domkoppe.