Die OP Kings dra nie meer hul Curriebeker Eersteliga-kroon nie nadat die Steval Pumas hulle in die eindstryd in die Mbombela-stadion in Nelspruit met 53-30 afgeransel het.
Lees meerAlles vir Vrydag 11 Oktober 2013
Zuckerberg spandeer miljoene om bure se huise te koop
Mark Zuckerberg, die stigter en hoof uitvoerende beampte van Facebook, het sowat $30 miljoen (nagenoeg R300 miljoen) spandeer om vier huise langs sy bestaande vyfslaapkamerhuis te koop.
Vyf gevonnis vir Jansenville-plaasmoord
Drie jeugdiges en twee mans is Vrydag in die Graaff-Reinetse hooggeregshof gevonnis vir ʼn plaasmoord in Jansenville in Augustus vanjaar.
‘Gesteelde baba’: Ma se naam bekend; borg toegestaan
ʼn Vrou wat daarvan beskuldig word dat sy valslik ʼn ontvoering aangemeld het, is Vrydag in die landdroshof in Kempton Park op borgtog van R3 000 vrygelaat.
Vermeende pedofiel sterf in die tronk
Roger Haupt (77) wat in die hof verskyn het vir seksuele misdrywe teen jong dogters is twee weke gelede reeds in die Goodwood-gevangenis oorlede, het ʼn beampte van die departement van korrektiewe dienste Vrydag gesê.
Noordwes-boer en sy seun vrygespreek
Douw de Beer, ʼn boer van Noordwes, en sy seun Dylan, is Vrydag in Pretoria vrygespreek op aanklag dat hulle twee mans nege jaar gelede vermoor het, het die SAUK berig.
Man dood in J-Bay ná haai-aanval
ʼn Man wat glo besig was om te snorkel, se liggaam is Vrydag by Jeffreysbaai in die Oos-Kaap aangetref nadat ʼn haai hom aangeval het.
Sunette Bridges praat oor Red October
ʼn Dag nadat duisende mense wêreldwyd aan Sunette Bridges se Red October-veldtog deelgeneem het, het sy aan Maroela Media vertel hoe sy reken die dag afgeloop het.
Sikloon gaan Indië tref – honderde duisende vlug
Die sikloon Phailin wat die helfte so groot soos Indië self is, en volgens kenners so kragtig is soos Katrina wat in 2005 dood en verwoesting in die suide van die VSA veroorsaak het, sal die subkontinent na verwagting Saterdag tref. New Orleans is byna geheel verwoes.
Die Uile in die gimnasium (13)
Die vyf Uile is nou jongmanne. Hul skooldae op Kranskop is verby, maar die avontuurlus leef steeds voort waar dié ouens hulle nou bevind: die leërgimnasium.
Baarde, briewe en barmhartigheid
In hierdie versameling vermaaklike rubrieke skryf Doc Immelman op sy prettige dog insiggewende manier oor alledaagse dinge – van baarde, briewe en barmhartigheid tot kinders, kos en klawerjas.
Agt jaar vir satanistiese meisie
ʼn Satanistiese tienermeisie wat erken het dat sy haar vriendin vermoor het, is Vrydag in die Johannesburgse hooggeregshof tot agt jaar tronkstraf gevonnis.
Atlas teen die vergeetrivier
Pirow Bekker se poësie word gekenmerk deur die konkreetheid daarvan. Hy is ’n skerp waarnemer wat plante, voëls en diere in ons gewone, voorstedelike omgewings met treffende beelde opnuut onder die leser se aandag kan bring.
Fiesta in die Vreemde
Bernard K Hellberg rits in die vreemde met die Ford Fiesta rond en vermoed hy het die gebou opgespoor wat as inspirasie gedien het vir Gerhard Moerdyk toe hy die Voortrekkermonument ontwerp het.
Video: FAK stel Afrikaanse liedjietuin bekend
Die FAK se Afrikaanse liedjietuin is Donderdag by dié kultuurinstansie se hoofkantoor by die Voortrekkermonument in Pretoria bekendgestel.
Siriese konflik kos dalk heldin die Nobelvredesprys
Die gebruik van chemiese wapens tydens die Siriese burgeroorlog, en die ontsettende lyding wat dit veroorsaak het, het moontlik die gunsteling om vanjaar die prys te wen, die 16-jarige Malala Yousafzai, die prys gekos.
Taaltoffie: Proe of smaak iets lekker?
Taaltoffie ondersoek die gebruik van “proe” en “smaak” in Afrikaans.
SuperSport-werker geskors oor Red October-uitlating
‘n Storm het om die kop van Alfie Phokobye, ʼn produksie-assistent en vloerbestuurder van die televisiekanaal SuperSport, uitgebreek nadat hy glo Donderdag ʼn uitlating op Facebook gemaak het wat op haatspraak mag neerkom.
Geen motivering vir gelapte Griekwas
Saterdag se laaste ronde ligawedstryd in die Curriebekertoernooi tussen die Leeus en Griekwas is duidelik nie ‘n groot prioriteit vir die Poubloues se bestuur in Kimberley nie.
Mahikeng verduidelik Nando’s-onkostes
Pontsho Tabane, ʼn burgemeesterskomiteelid van kommunikasie en bemarking van die Mahikeng-munisipaliteit, die DA se bewering dat die munisipaliteit in een maand R132 585 aan Nando’s-kitskos spandeer het, is foutief.