Daar is nog geen verbetering in die toestand van ‘n 75-jarige boer, Frans van der Schyff, wat Woensdag erge hoofbeserings opgedoen het tydens ʼn plaasaanval in Noordwes nie.
Alles vir Vrydag 11 Oktober 2013
PTA-skoolkind se oor afgesny
ʼn Leerling van Hoërskool Langenhoven in die weste van Pretoria, se oor is met ʼn panga afgesny tydens ʼn geweldadige vermeende bende-aanval, het The Star Vrydag berig.
Meer as R132 000 aan Nando’s in een maand
Die DA in Noordwes het inligting bekom wat glo aandui dat die Mahikeng-munisipaliteit in een maand R132 585 aan Nando’s-kitskos spandeer het.
Nuuskommentaar: Red Rooi Oktober minderheidsregte?
Politieke korrektheid het met Rooi Oktober ‘n witwarm patat onder Suid-Afrikaanse meningsvormers ingewerp, en die gevolg is soos ‘n tjommel-Curriebekerwedstryd w
aar dit lyk of beide spanne die heel week aanslane geoefen het.
Renault Duster verrassend goed
Bernard K Hellberg sê hy was bo verwagting beïndruk met die nuwe Renault Duster.
Gesteelde-baba: “Ma” vandag in hof
Die vrou van Kempton Park wat Maandag aangevoer het dat haar baba tydens ʼn huisbraak gesteel is, verskyn vandag in die Kempton Parkse landdroshof.
Sacharovprys vir 16-jarige Pakistanse heldin
Die 16-jarige Malala Yousafzai van Pakistan wat swaar gewond is toe die Taliban haar weens haar stryd vir meisies se toegang tot onderwys deur die kop geskiet het, het die Europese Sacharovprys vir meningsvryheid ontvang.
Uitgejaag oor kortbroek, tatoes
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermagunie (Sanwu) gaan die gelykheidshof nader nadat een van sy organiseerders Donderdag uit ʼn vergadering van die parlement se verdedigingsportefeuljekomitee geskop is oor hy ʼn kortbroek aangehad het en sy tatoeëermerke uitgesteek het.
Luister saam met Riaan Cruywagen
Dit gebeur nie gereeld dat ‘n bekende persoonlikheid gevra word om ‘n versameling van sy gunstelingtreffers saam te stel nie. Riaan Cruywagen is egter nie sommer net enigiemand nie; hy is sedert 1976, toe Suid-Afrika televisie gekry het, die “gesig van Afrikaanse nuus”, en nadat hy by die SAUK afgetree het, het hy ook een van die aanbieders van die ontbytprogram Dagbreek op kykNet geword.
Twee vas ná plaasmoord
Twee mans is hegtenis geneem in verband met ʼn plaasmoord in Noordwes.
Gedagte vir die dag: Wette-loosheid, wette-voosheid, of…?
Eksodus 20:1 – Gebooie? Wette? Moets en moenies? Dis mos waaroor godsdiens gaan? Oor dinge wat die lekker uit die lewe haal en soos ʼn…