Glen Dell, die top-kunsvliegvlieënier wat vanoggend omstreeks 11:00 in ‘n vliegongeluk betrokke was by die Secunda-lugskou, is laat Saterdagmiddag oorlede, het ‘n woordvoerder van die familie aan Maroela Media bevestig.
Lees meerAlles vir Saterdag 12 Oktober 2013
Bruidegom vergeet sy vrou by vulstasie
‘n Jong bruidegom van Duitsland het ná hul wittebrood sy bruid per ongeluk by ‘n vulstasie langs die snelweg vergeet.
Vrou tref boklam voor ooi haar tref
‘n Vrou is ernstig beseer nadat sy ‘n bokkie op ‘n pad in Colorado, Amerika, met haar voertuig getref het, voordat die boklam se ma die vrou getref het.
Sterk aardbewing by Griekeland
‘n Baie sterk aardbewing wat 6,4 op die Momentmagnitideskaal geregistreer het, het naby die kus van Griekse eiland, Kreta voorgekom.
Lugskou-ongeluk: Vlieënier na JHB oorgeplaas
ʼn Kunsvliegvlieënier wat Saterdagoggend omstreeks 11:00 in ʼn vliegongeluk was by die Secunda-lugskou in Mpumalanga, word oorgeplaas na Sunninghill-hospitaal in Johannesburg.
Video: Dodge Ram vs Land Rover Defender in toutrek-kompetisie
In ʼn poging om te bewys wie die meeste wringkrag het, daag 4×4-bestuurders mekaar gereeld uit.
Bedfordview-man by verkeerslig doodgeskiet; Krejcir ontken verbintenis
ʼn Man is Saterdag in sy Audi Q7 by ʼn verkeerslig in Smithstraat in Bedfordview, Johannesburg, doodgeskiet.
Video: Olifant-gesin se reünie
Joan Young, ʼn gebruiker op YouTube, het by die Addo-olifantpark die reünie van ʼn olifant-gesin op film vasgelê.
Boer sterf ná Noordwes-plaasaanval
Frans van der Schyff (75) het Vrydagaand in die Millpark-hospitaal aan sy beserings beswyk nadat hy en sy vrou, Hennie, Woensdag op hul plaas in Noordwes aangeval is.
Sikloon Phailin: Bykans 500 000 reeds ontruim in Indië
Nagenoeg 500 000 mense is Saterdag reeds uit Indië ontruim in afwagting van sikloon Phailin.
Minister moet opdok ná rugbyster se misdiagnose
Die Pretoriase hooggeregshof het beslis dat die minister van verdediging skadevergoeding moet betaal ná ʼn operasie op ʼn jong rugbyster by 1 Militêre Hospitaal skeefgeloop het.
Gupta-familie se bure dreig met hofsaak
Inwoners van Saxonwold dreig met ʼn hofsaak indien die Stad Johannesburg toestemming gaan gee vir ʼn onwettig geboude herehuis op die Gupta-familie se erf.
Foto’s: Vliegongeluk by Secunda-lugskou
Een van Red Bull se vliegtuie het Saterdagoggend omstreeks 11:15 by die lugskou in Secunda neergestort.
Olifant vertrap veteraan-bewaarder
‘n Ervare bewaarder by ‘n dieretuin in Missouri, Amerika is Vrydagoggend dood toe ‘n olifant hom vertrap het.
Video: Vermiste “Doctor Who”-episodes opgespoor
Die BBC het aangedui dat hy nege episodes van die televisiereeks “Doctor Who” opgespoor het wat vroeër vermis was.
Vuurwerk-ontploffing eis 6
Ten minste ses mense is dood en 10 beseer ná ‘n ontploffing by ‘n vuurwerkfabriek wat aan die weermag in Viëtnam behoort.
Twee in hof ná hulle skoolseun skiet
Twee tieners wat daarvan beskuldig word dat hulle Glenrico Martin, ‘n skolier van Kaapstad, vermoor het, het Vrydag hul eerste hofverskyning gemaak in die Wes-Kaapse hooggeregshof.
Dwelmmuil se ma sterf
Marie Swanepoel, die ma van die veroordeelde dwelmmuil. Tessa Beetge, is dood in ‘n hospitaal in Oos-Londen ná ‘n kort siekbed.
Gedagte vir die dag: Tussen die reëls
Matt 15:27-28– “Dit is waar, Here,’ sê sy, ‘maar die hondjies eet darem van die krummels wat van hulle base se tafels afval.’ ‘Mevrou,’ sê…