Ten minste 89 mense is Sondag dood tydens ‘n stormloop op ‘n brug by ‘n Hindu-tempel in Indië. Volgens die polisie het nog mense moontlik gesterf toe hulle in die rivier onder die brug gespring het.
Lees meerAlles vir Sondag 13 Oktober 2013
Malema spreek die skare toe by EFF-bekendstelling
Honderde ondersteuners van die Economic Freedom Fighters (EFF) het Sondag die bekendstelling van dié politieke party by die Nkaneng informele nedersetting in Marikana, Noordwes, bygewoon.
Groot vertragings by OR Tambo Internasionale Lughawe
OR Tambo Internasionale Lughawe het Sondag vertragings op talle vlugte ervaar weens kabeldiefstal.
Man vas oor vermiste Madeleine McCann
Britse ondersoekbeamptes wat die verdwyning van Madeleine McCann in Portugal in 2007 ondersoek, het ‘n man in hegtenis geneem en ‘n klopjag op sy huis uitgevoer.
China gaan 2 000 myne sluit
China het onderneem om teen die einde van 2015 ten minste 2 000 klein steenkoolmyne te sluit in ‘n poging om die land se veiligheidstandaarde te verbeter.
“Mense wag vir my om dood te gaan” – Selebi
Die veroordeelde oud-polisiehoof, Jackie Selebi, sê dit wil voorkom of mense vir hom wag om dood te gaan, het die City Press Sondag berig.
J-Bay haai-aanval: slagoffer se naam bekend
Die 74-jarige man wie se liggaam Vrydag naby Albatros-strand in Jeffreysbaai opgespoor is nadat hy deur ‘n 4m-lange witdoodshaai aangeval is, se naam is bekend gemaak.
De Villota ná afsterwe vereer by Grand Prix in Japan
Formule 1-bestuurders het Sondag eer betoon aan die voormalige Spaanse toetsbestuurder, Maria de Villota, wat Vrydag dood aangetref is in haar hotelkamer.
Sikloon Phailin: Minstens 7 dood, 1 miljoen ontruim
Indië het sy grootste ontruiming ooit afgehandel in afwagting van sikloon Phailin, het die nasionale rampbeheeragentskap Sondag aan AFP gesê. Bykans een miljoen mense is ontruim.
Vermiste vliegtuigdeur op motel se dak opgespoor
Die deur van ‘n klein vliegtuig in Amerika het in die lug losgekom, afgeval en op ‘n motel se dak beland.
Hoë wanvoeding in De Doorns
De Doorns in die Wes-Kaap het een van die hoogste koerse van wanvoeding in die land, het die departement van maatskaplike ontwikkeling Saterdag gesê.
Gedagte vir die dag: Net ‘n krummel
Matt 15:27 – “Dit is waar, Here,’ sê sy, ‘maar die hondjies eet darem van die krummels wat van hulle base se tafels afval.” “Ja, Here,…