Die twee kleuters wat Dinsdagoggend in ʼn toilethokkie in Diepsloot, noord van Johannesburg aangetref is, is oor die naweek as vermis aangemeld.
Alles vir Dinsdag 15 Oktober 2013
Idols-wenners en -deelnemers wat sukses met Afrikaanse treffers behaal het
Heinz Winckler (Ek kan weer in liefde glo, Jakaranda-koningin, 24/7/365, Vat my hand, Jy’s net myne) Andriëtte (Sê dit weer, Napoleon, Dink aan my, Is…
1Mil-hospitaal moet opskerp
Pasiënte in die meeste sale van 1 Militêre Hospitaal in Pretoria moet hul selfone gebruik om verpleegsters te ontbied wanneer hulle hulp nodig het, het Beeld Dinsdag berig.
Foto’s: Groot aardbewing saai dood en verwoesting in Filippyne
Minstens 20 mense is Dinsdagoggend dood en talle beseer toe geboue ná ‘n aardbewing in die Filippyne ingestort het.
Twee liggame van meisies in toilet gevind
Die liggame van twee meisies is Dinsdagoggend binne ʼn toilet aangetref.
Nuuskommentaar: Met Malema is spulle in die dorp
Wanneer Malema en sy party se uitsprake, baniere en optredes bekyk en beluister word, is dit baie moeilik om die spulletjie as iets anders as ‘n sirkus te beskou. Was die implikasies van die rassetoon daarin nie so ernstig en gevaarlik nie, kon dit ook snaaks gewees het.
EFF glo teleurgesteld in lede se rassistiese plakkate
Die Economic Freedom Fighters (EFF) is glo teleurgesteld deur van sy lede wat Sondag plakkate, met rassistieste uitlatings daarop, rondgeswaai het.
Woord: Kaboedel
Gebruik jy nog die woord “kaboedel”? Taaltoffie gee vir jou die betekenis van dié Afrikaanse woord wat tot ‘n groot mate al in onbruik verval het.
Middelburg-fabriekontploffing: Alle vermiste persone gevind
Al die persone wat vermis was ná ʼn fabriekontploffing Maandag in Middelburg, Oos-Kaap, is opgespoor.
Sondag moet jammer sê vir Scott
Die Sondag-koerant moet die radio-omroeper Darren Scott om verskoning vra oor ʼn artikel wat hulle vroeër vanjaar gepubliseer het.
Man vas ná tref-en-trap
ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo verlede maand ʼn verkeersbeampte in Durban, KwaZulu-Natal doodgery het.
20-jarige vas oor vier moorde
ʼn 20-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moorde op vier vroue in Hazyview, Mpumalanga.
Gedagte vir die dag: ‘n Gas aan huis
Luk. 7:36 – “Een van die Fariseërs het Hom genooi om by hom te kom eet. Hy het toe in die huis van die Fariseër ingegaan…