David Belmar (44) van Londen het Dinsdag in die Westminster-landdroshof verskyn nadat hy met ʼn mes buite Buckingham-paleis betrap is.
Alles vir Woensdag 16 Oktober 2013
Video: PTA-landmerk moet sluit weens duur huurkostes
Toerisme in die hoofstad het ‘n knou gekry met die opskorting van alle aktiwiteite by die eens gewilde Museumpark. D
Woolies herroep sandale
Woolworths het Woensdag ʼn foutiewe reeks sandale herroep, nadat twee mense beseer is.
Rower-kolonel kry uiteindelik tronkstraf
‘n Weermagkolonel wat 18 jaar gelede ’n gewapende rooftog by ’n polisiekantoor in die Oos-Kaap uitgevoer het, gaan nou vir die eerste keer tronkstraf daarvoor uitdien, het Beeld Woensdag berig.
Video: Kangaroe beland in apteek by lughawe
Die polisie in Australië moes Woensdagoggend ʼn gedeelte van ʼn lughawe in Melbourne sluit nadat ʼn beseerde kangaroe in die terminus beland het.
Karkas van 5m-lange seedier in Kalifornië gevind
‘n Marienewetenskapinstrukteur wat Sondag in die see aan die kus van Suid-Kalifornië in Amerika gesnorkel het, het op ʼn silwer karkas van ‘n 5m-lange slangagtige spaanvis afgekom.
AfriForum verhoed dat elektrisiteit afgesny word
Die elektrisiteitstoevoer na Lydenburg, Graskop en Sabie sou afgesny word.
LUR wil N1-spitsverkeerongeluk in Kaapstad ondersoek
Robin Carlisle, die LUR vir vervoer in die Wes-Kaap, het Woensdag gelas dat ‘n vragmotorongeluk, wat Dinsdagmiddag tydens spitsverkeer op die N1 in Kaapstad plaasgevind het, ondersoek moet word. Dié ongeluk het chaos op die paaie in die gebied veroorsaak.
Asterix by die Pikte
Asterix by die Pikte is die 35ste boek in die gewilde Asterix-reeks. Hierdie boek verskyn vir die eerste keer van die begin af ook in Afrikaans.
Nuuskommentaar: Midvaal en verkiesingsknoeiery
Die DA se Gautengse bastion, Midvaal, gaan verdwyn, maak nie saak hoe die inwoners daaroor voel nie, en die DA gaan hof toe. In Giyani in Limpopo eis die inwoners ‘n eie munisipaliteit. Het die munisipale afbakeningsraad objektiewe besluite geneem, of word die politieke meesters se belange gedien?
Soweto String Quartet speel Afrikaanse treffers Vol. 2
In 2007 het die Soweto String Quartet, wat toe al ‘n gevestigde strykkwartet was, hul eerste Afrikaanse album vrygestel. Nadat musiekliefehbbers lank moes wag, het…
Toilet-moord: Inwoners ontstoke; drie word ondervra
Inwoners van Diepsloot, noord van Johannesburg, is ontstoke nadat die liggame van twee kleuters, onderskeidelik twee en drie jaar oud, Dinsdagoggend in ʼn toilethokkie in die gebied opgespoor is.
Woord: Karnaval
Al ooit gewonder waarom kerrie-en-rys by ‘n karnaval verkoop word en die woord “karnivoor” aan “karnaval” verbind kan word? Taaltoffie ondersoek die herkoms van dié bekende Afrikaanse woord.
PTA-baba dood aangetref
Die liggaam van ʼn babaseuntjie is Dinsdag in Sinoville, in die noorde van Pretoria, in ʼn asblik gevind.
Pinetown-ongeluk: Bestuurder gaan vandag aansoek doen om borgtog
Die vragmotorbestuurder wat onlangs in vier volgelaaide taxi’s en twee voertuie in Pinetown, KwaZulu-Natal ingeploeg en die dood van 23 mense veroorsaak het, verskyn Woensdag weer in die Pinetown-landdroshof waar hy na verwagting om borgtog gaan aansoek doen.
Outa, Cosatu se e-tol-beroep ‘ondermyn’ grondwet
Die Bondgenootskap Teen Stedelike Tol (Outa) en die vakverbond Cosatu se beroep op motoriste in Gauteng om nie vir e-tol te betaal nie “ondermyn” die land se grondwet.
Egpaar dood gevind
ʼn Egpaar is Dinsdag dood aangetref in hul huis in Fichardt Park in Bloemfontein in die Vrystaat.
Gedagte vir die dag: Dit is waar
Matt. 15:26-27 – “Hy sê vir haar: ‘Dit is nie mooi om die kinders se brood te vat en vir die hondjies te gooi nie.’ ‘Dit…