Griekwas het hul promosie-relegasie wedstryd teen Steval Pumas in Kimberley naelskraaps met 21-19 gewen.
Lees meerAlles vir Vrydag 18 Oktober 2013
Hazyview-aanvalle: Twee vas nadat hulle wéér toeslaan
Twee mans is Donderdag in hegtenis geneem in verband met die verkragting van twee vroue op 7 Oktober by ‘n gastehuis in Hazyview, het die polisie in Mpumalanga Vrydag gesê.
Foto’s: Weerlig tref jagluiperdsentrum in Namibië
‘n Groot skoonmaakoperasie is Vrydag by die wêreldbekende Jagluiperdbewaringsfonds-sentrum (CCF) in Otjiwarongo, Namibië, begin nadat ‘n weerligstraal ‘n brand by die sentrum laat ontstaan het.
Bloulig-skietery: Lyfwag al vroeër skuldig aan poging tot moord
‘n Burgemeester se lyfwag wat van poging tot moord aangekla word, het glo nie aan die hof bekend gemaak dat hy voorheen skuldig bevind is aan poging tot moord nie.
JHB-vrou met ongelisensieerde vuurwapen betrap
‘n Vrou van Johannesburg is in hegtenis geneem vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, het die polisie Vrydag gesê.
KZN-plaasmoord: Boer se naam bekend
Die naam van die 56-jarige boer van Himeville in KwaZulu-Natal se Underberg-distrik, wat Donderdagaand op sy plaas Outlook aangeval en glo met ‘n hamer doodgeslaan is, is bekend gemaak.
Solidariteit wen regstelsaak teen DKD
Die arbeidshof in Kaapstad het vanoggend in die vakbond Solidariteit se guns beslis in sy regstellendeaksiesaak teen die departement van korrektiewe dienste (DKD)
Direkteur by ouditeursfirma doodgeskiet
ʼn Direkteur van ʼn ouditeursfirma in Johannesburg is Vrydag by sy kantoor in Houghton doodgeskiet.
Barkly-Oos-plaasaanval: Seun steeds kritiek
Dokters is tevrede met Dawie de Villiers (53), seun van die vermoorde bejaarde egpaar van Barkly-Oos, se vordering in Mediclinic Bloemfontein, hoewel hy steeds kritiek is, berig OFM.
Groot name vanjaar by Draadloos-seminaar vir Afrikaanse gemeenskapsradiostasies
Maroela Media bied vanjaar die tweede jaarlikse Draadloos Gemeenskapsradiostasieseminaar aan.
Seisoen van vervulling
Seisoen van vervulling is die derde boek in Alta Cloete se Seisoen-reeks.
Britte – nie Franse, het eerste aan paddaboutjies weggelê
Inwoners van Engeland het lank voor die Franse weggelê aan paddaboutjies. Trouens, ‘n hele 8 000 jaar voor die Franse vir ‘n maal paddaboutjies “asseyez-vous, s’il vous plait”.
Vragmotor vergruis man
ʼn Man in sy 30s is Vrydag dood toe ʼn swaarvoertuig hom teen ʼn muur vasgedruk en vergruis het.
Motoriste van ander provinsies gaan óók e-tol betaal
Motoriste van regoor die land sal ook moet betaal as hulle op e-tolpaaie in Gauteng ry
Hof lewer uitspraak oor DKD-regstelaksiesaak
Een van die belangrikste uitsprake oor regstellende aksie in Suid-Afrika is pas in die arbeidshof in Kaapstad gelewer.
Plaasmoord: Boer glo met hamer doodgeslaan
ʼn 56-jarige boer van Himeville in KwaZulu-Natal is Donderdagaand op sy plaas, Outlook, aangeval en glo met ʼn hamer doodgeslaan.
Buckinghampaleis wil inmekaarstort
Buckinghampaleis, die woonplek van die Britse koningshuis, kan binnekort inmekaarstort, volgens Sir Alan Reid, hoof van die kroonraad.
Outa kan nie bekostig om te appelleer nie
Die Bondgenootskap Teen Stedelike Tol (Outa) het Vrydag gesê hy gaan nie appelleer teen verlede week se uitspraak van die appèlhof in Bloemfontein nie.
Joernaliste verkla City Press-redakteur van rassisme
‘n Groep joernaliste van die City Press-koerant gaan glo kriminele aanklagte teen hul redakteur, Ferial Haffajee, aanhangig maak omdat hulle beweer dat sy rassisties is.
Uitdrukking: Ek sal my skoenmaker aan jou kleremaker voorstel
Weet jy van dié prettige uitdrukking om te gebruik in plaas daarvan om vir iemand in soveel woorde te sê “Ek gaan jou skop”?