Jesaja 57:15 – “So sê Hy wat hoog en verhewe is, Hy wat ewig leef en wie se Naam die Heilige is: Ek woon in…
Lees meerAlles vir Sondag 20 Oktober 2013
Twee dood oor onwettige kragverbindings
Twee mans is doodgeskiet terwyl munisipale beamptes onwettige kragverbindings in ʼn informele nedersetting probeer ontkoppel het, berig die Sunday Tribune.
Rassisme-herrie: Redakteur op verlof
Ferial Haffajee, redakteur van City Press, is tans met verlof te midde van ʼn rassisme-herrie by die koerant, berig die Sunday Independent.
Reënweer veroorsaak chaos op M1
Vyf motors en vier busse was Sondag in ʼn botsing op die M1 in Killarney, Johannesburg betrokke.
Metro se weiering om jammer te sê kos meer as R1 miljoen
Die Ekurhuleni-metro se weiering om ʼn raadslid om verskoning te vra het daartoe gelei dat die metro nou met ʼn rekening van meer as R1 miljoen sit, berig die Sunday Times.
Fiksheid-ondersoek kos belastingbetaler glo meer as R13 miljoen
Die kommissie van ondersoek na die sterftes van agt mense gedurende ʼn fiksheidstoets by die KwaZulu-Natalse Padverkeersinspektoraat (RTI) gaan die belastingbetaler glo meer as R13,3 miljoen uit die sak jaag, berig die Sunday Tribune.
Storie oor lotery-wenkaartjie glo opgemaak
Die 26-jarige man wat beweer het dat sy R33 miljoen-loterykaartjie deur mans in polisie-uniforms gesteel is, het glo die storie opgemaak berig die Sunday Tribune.
Eerste burger en adjunk het 16 lyfwagte
ʼn Burgemeester van KwaZulu-Natal en sy adjunk het sedert 2008 ʼn totaal van 16 lyfwagte tussen die twee van hulle teen ʼn koste van meer as R1,2 miljoen per jaar, berig die Sunday Tribune.
Babas in veld gevind
Twee pasgebore babas, vermoedelik ʼn tweeling, is Saterdag in ʼn stuk veld in Nooitgedacht, Muldersdrift gekry.
Sewe sterf in Vereeniging-botsing
Sewe mans is Saterdagmiddag dood in ʼn botsing reg van voor op die R82 in Vereeniging.