Toe Dexter en Gizmo se eienaar nie kon bepaal hoe die twee uit die kombuis ontsnap nie, het hy ʼn kamera opgestel om dié raaisel op te klaar.
Lees meerAlles vir Maandag 21 Oktober 2013
Anene Booysen: Kana se getuienis “onbruikbaar”
Die uitwys van die misdaadtoneel deur ʼn man wat beskuldig word van die moord en verkragting op Anene Booysen, kan nie as getuienis gebruik word nie, het die rondgaande hof in Swellendam Maandag beslis
Gautengers maak Jan Taks se beursie vol
Gauteng-inwoners verdien nagenoeg die helfte van Suid-Afrika se belasbare persoonlike belasting, luidens die 2013 belastingstatistiek wat Maandag deur die SAID vrygestel is.
Eerste liefde- Piet Smit
Dis moeilik om te glo dat Piet Smit nou al meer as twintig jaar lank een van ons land se voorste sangers op die Christelike…
Gyselaarsdrama in PE: Pa en seun wil selfmoord pleeg
ʼn Pa (53) en sy 19-jarige seun het Maandag by ʼn apteek in Port Elizabeth ingestap en hulp gevra om selfmoord te pleeg, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Polisiebeamptes vas na hulle glo man in selle aanrand
Twee polisiebeamptes is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn man in aanhouding aangerand het.
Jongmense weet nie vir wie om te stem nie
Bykans een uit vyf jong Suid-Afrikaners is besluitelose kiesers, volgens ʼn opname wat Maandag vrygestel is.
Drie vas vir KZN-plaasmoord
Drie mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op Dan Knight (56) by sy plaashuis in Underberg, KwaZulu-Natal.
Ouditeur-skiet: Polisie swyg oor moontlike sluipmoordaanval
Die polisie is Maandag steeds op soek na die mans wat ʼn Lawrence Moepi, ʼn forensiese ouditeur, Vrydag by sy kantoor in Houghton, Johannesburg, doodgeskiet het.
Sinterklaas se Zwarte Piet in sop oor rassisme
Die Nederlandse Sinterklaas wat elke jaar van 5 tot 6 Desember uit Spanje opdaag om geskenke aan soet kinders, en streepsuiker aan stout kinders uit te deel, se getroue handlanger, Zwarte Piet is in die sop oor beweerde rassisme.
Voormalige Bafana Bafana-speler sterf
Keryn Jordan, voormalige Suid-Afrikaanse sokkerspeler, is Maandagoggend in Pretoria oorlede na ʼn lang stryd met kanker.
Middelburg-ontploffing: Derde persoon sterf
ʼn Derde persoon is dood ná ʼn ontploffing en brand by die Rolfe- farmaseutiese laboratorium in die Oos-Kaap.
Meer as R813 miljard vir SAID
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het verlede jaar ʼn inkomste van R813.8 miljard ontvang.
Toilet-moorde: Verdagte in hof
Die 29-jarige man wat beskuldig word van die moord en verkragting van twee Diepsloot-kleuters, het Maandag in die Pretoriase landdroshof verskyn.
Swaar reën verwag
Swaar reën word Maandag in Mpumalanga en gedeeltes van KwaZulu-Natal en die oostelike kusgedeeltes verwag, het WeatherSA gesê.
WAT Woord van die Week: kwikstertjie
Woord: kwikstertjie (s.nw.) Ook soms kwikstert. Betekenis: Enigeen van verskeie soorte kleinerige, insekvretende voëltjies wat veral by water hou. Waar kom dit vandaan? Uit Nederlands…
Chris Barnard se stewels teruggegee
Twee verpleegsters, wat prof. Chris Barnard se teaterstewels 44 jaar gelede gesteel het, het nou met die sak patats vorendag gekom.
Maroela Media Top 20 – 21 Oktober 2013
Rede om te glo- Elvis Blue Dans in die reën- Touch of Class Sandra Prinsloo- Mwah! en Elvis se Seun Kaalvoetkind- Juanita, Ruan en Franja…
Afrikaans- Elvis Blue
Daar is al hoe meer Idols-wenners-en –deelnemers wat besluit om na Afrikaanse musiek toe oor te skakel en sukses daarmee behaal. Heinz Winckler en Anke…
Woolworths van plagiaat beskuldig
Euoida Roets, ʼn ontwerper wat in Kaapstad woon, beweer op haar webjoernaal dat Woolworths een van haar ontwerpe “gesteel” het, maar Woolworths ontken dié aantygings.