ʼn 53-jarige man van Lesotho wat in Suid-Afrika boer is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 15-jarige seun op sy plaas naby Ladybrand in die Vrystaat geskiet en gewond het.
Alles vir Donderdag 24 Oktober 2013
Video: Kleuter se stokmannetjie-kostuum ‘n internetsensasie
Royce Hutain se Halloween-kostuum vir sy kleuter met LED-liggies in die vorm van ʼn stokmannetjie het nou ʼn internetsensasie geword nadat hy dié video op YouTube gelaai het.
Skietery op wildreservaat: Saak uitgestel
Die saak teen Richard Hume (31), wat aangekla word van poging tot moord nadat hy glo ’n vermeende wildstroper in die gesin se privaatwildreservaat geskiet het, se saak is Woensdag in die Malelane-landdroshof uitgestel.
106 meisies binne drie maande in PMB-omgewing verkrag
Altesaam 106 meisies onder die ouderdom van 12 is in die afgelope drie maande in die omgewing van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal verkrag, het The Witness Donderdag berig.
Nuuskommentaar: Soustrein getakseer en te swaar bevind of verkiesingsbegroting?
Die verslankingskuur wat vir die berugte Suid-Afrikaanse soustrein beoog word, mag te min te laat wees, en dit mag empiries gesproke meer van simboliese waarde wees, maar dit stuur wel die regte seine na die vuisvoos burgers en beleggers in die buiteland uit.
Taaltoffie: Miljarde, biljoene, en triljoene
Gebruikers van Afrikaans struikel soms oor die gebruik van “miljard” vir die Engelse “billion” en is dan verward wanneer ekstra nulle bygevoeg word.
PTA’ners skuld die metro miljarde
Die Tshwane-metro se beweerde onvermoë om verbruikers se skuld in te vorder, bekommer die Tshwane-metroraad se komitee oor openbare rekeninge (MPAC), het Beeld Donderdag berig.
SA-laboratorium toets Belgiese duiwe positief vir kokaïen
Dit gons Donderdagoggend in die Belgiese pers ná dit bekend geword het dat ‘n Suid-Afrikaanse laboratorium ses uit 20 Belgiese duiwe positief getoets het vir dwelmmiddels, waaronder kokaïen.
Gedagte vir die dag: Soos ‘n boom (vervolg)
Gister het ons gepraat oor hoe ons as Christene soos bome moet wees. Ons moet deur God geplant word en ons moet produktief wees en…
Pa en seun in hof na PE-selfmoordsending
Die pa en seun wat Maandag in hegtenis geneem is nadat hulle personeel by ʼn apteek in Port Elizabeth gyselaar gehou het en vir hulp gevra het om selfmoord te pleeg, verskyn Donderdag in die hof.
CDP meen pensioenarisse moet óók van e-tol vrygestel word
Pres. Jacob Zuma se voorstel dat studente van e-tol vrygestel word, is die eerste aanduiding dat daar ʼn besef begin deurdring oor die impak wat die e-tolstelsel op die gemeenskap sal hê, het die Christen-Demokratiese Party (CDP) Donderdag gesê.
Solidariteit se hofsaak oor rasuitsluiting teen bloeddiens begin vandag
Solidariteit en die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANB) se groot hofstryd oor die absolute verbod op aansoeke van sekere rasgroepe vir vakante poste begin Donderdag in die Johannesburgse arbeidshof.
Toilet-moord: Al vyf verdagtes in hof
Die vyf mans wat daarvan verdink word dat hulle twee kleuters verkrag en vermoor het en hul liggame in ʼn toilethokkie in Diepsloot gelos het, verskyn Donderdag saam in die Pretoria-landdroshof.
Woef verloor 25kg en wen kompetisie
Hector, ’n vierjarige Rottweiler van Pretoria, is die wenner van vanjaar se Hill’s Pet Slimmer of the Year-kompetisie nadat hy reeds meer as 25kg verloor het.
Man dood gevind by skool
ʼn Saak van moord word ondersoek nadat die liggaam van ʼn 22-jarige man op die sportveld van ʼn hoërskool in Bonteheuwel in Kaapstad gekry is.