Nagenoeg 300 aandenkings wat verband hou met pres. John F Kennedy van Amerika se sluipmoord, is Donderdag by ʼn veiling in Massachusetts verkoop.
Lees meerAlles vir Vrydag 25 Oktober 2013
“Droomvakansie” toe eintlik dwelmsmokkelary
ʼn Egpaar van Australië was opgewonde nadat hulle ʼn gratis vakansie na Kanada en splinternuwe bagasiesakke gewen het, totdat hulle besef het hulle het onwetend dwelmmuile geword.
Borg vir boer wat glo tiener skiet
ʼn Boer wat van poging tot moord beskuldig word nadat hy glo ʼn tiener op sy plaas geskiet het, is Vrydag in die Ladybrand-landdroshof borg van R1 500 toegestaan.
Uitskot by Sanlam-hoofkantoor uitgegooi
Drie mense, vermoedelik lede van die Economic Freedom Fighters (EFF), is in hegtenis geneem nadat betogers Vrydag menslike ontlasting by Sanlam se hoofkantoor in Bellville, Kaapstad, uitgegooi het.
Polisie keer OTM-roof
Inwoners van Lyttelton Manor in Pretoria het Vrydag in die vroeë oggendure wakker geword met skote van ʼn skermutseling tussen die polisie en kitsbankrowers.
Khumba: 3D-animasie in Afrikaans met talle bekende stemme
Die Suid-Afrikaanse animasierolprent, Khumba, begin vandag by teaters draai en fliekgangers gaan vir die eerste keer die geleentheid hê om ʼn driedimensionele animasieprent in Afrikaans te sien.
Nog ʼn daling in brandstofprys verwag
ʼn Bietjie goeie nuus wag op motoriste met ʼn daling wat in die brandstofprys vir November voorspel word.
Skoksyfers: Meer as 100 renosters in afgelope maand gestroop
Stropers het die afgelope maand meer as 100 renosters in Suid-Afrika vir hul horings doodgemaak.
Foto’s: Man sterf in ongeluk met trok
ʼn Man is Vrydagoggend buite Polokwane in Limpopo dood toe sy rooi Toyota Hilux-bakkie teen ʼn swaarvoertuig gebots het.
SA Jong Boer kry splinternuwe Hilux
Attie Scholtz (35), ’n boer van die Noord-Kaap, gaan met ’n splinternuwe Toyota Hilux-bakkie na sy plaas in die Douglas-omgewing terugkeer nadat hy die gesogte 2013-Agri SA/Toyota SA Jong Boer van die Jaar-toekenning gewen het.
Man skuldig wat diamante steel
Michael van Rensburg is in die Noord-Kaapse hooggeregshof skuldig bevind aan diefstal en die besit van 525 ongeslypte diamante met ʼn waarde van R1.4 miljoen, het The Star Vrydag berig.
Brandstigter-bruidegom moet sit
Jean Greyling (28) ʼn bruidegom van Bloemfontein wat ʼn saal by ʼn landgoed aan die brand gesteek het nadat hulle sy troue gekanselleer het, is Vrydag in die stad se landdroshof gevonnis.
Kar ry vier mense in Vanderbijlpark raak
Vier mense, waaronder twee vyfjarige meisies, is beseer toe ʼn voertuig Donderdagaand in Vanderbijlpark, Gauteng, in hulle vasgery het.
Phiyega van dwarsboming van die gereg aangekla
Riah Phiyega, die nasionale polisiekommissaris, is van dwarsboming van die gereg aangekla omdat sy na bewering ʼn senior polisiebeampte in kennis gestel het oor ʼn ondersoek teen hom dat hy vermoedelik omkoopgeld van ʼn krimineel ontvang het.
Vroue oor wêreld heen in verset
Vroue van Saoedi-Arabië word opgeroep om Saterdag op groot skaal agter die stuur in te skuif, en die pad aan te durf.
Nuuskommentaar: Parlement na Pretoria?
Die moontlike verskuiwing van die parlement van Kaapstad na Pretoria het pas weer ‘n terloopse besprekingspunt geword.
“Top-polisieman” weer in hof vir beweerde dronkbestuur
Lt.gen. Bethueli Mondli Zuma, die man wat vir ʼn paar uur lank Gauteng se provinsiale polisiekommissaris was, verskyn Vrydag weer in die Pietermaritzburg-landdroshof op verskeie aanklagte onder andere ʼn aanklag van dronkbestuur.
Vrou wat ‘ontroue’ kêrel ontman weer in hof
Evidence Nkuna (21) ʼn vrou van Johannesburg wat daarvan beskuldig word dat sy haar kêrel se geslagsdeel afgesny het, verskyn Vrydag in die Protea-landdroshof.
Bruidegom hoor vandag sy lot oor brand by trouplek
Jean Greyling (28) ʼn bruidegom van Bloemfontein wat ʼn saal by ʼn landgoed aan die brand gesteek het nadat hulle sy troue gekanselleer het, sal Vrydag in die stad se landdroshof gevonnis word.
Verwydering van leeu-plakkate was ‘ongrondwetlik’
Die hooggeregshof in Johannesburg het beveel dat die Lughawensmaatskappy (Acsa) en Primedia ongrondwetlik opgetree het deur ‘n advertensieveldtog op die O.R. Tambo-lughawe te sensureer.