‘n Bedrogsaak van drie ANC-hoës in die Noord-Kaap en die Trifecta-groep is Maandag in die Noord-Kaapse hooggeregshof uitgestel.
Lees meerAlles vir Maandag 28 Oktober 2013
Boeremag sou “bloedbad” veroorsaak
Indien die Boeremag se hoogverraad-planne tot ‘n uitvoering gebring is, sou dit op ‘n bloedbad uitgeloop het, het regter Eben Jordaan Maandag in die Pretoriase hooggeregshof gesê.
Man steel R15 miljoen by Alzheimer-kliënt
John Julyan, ‘n voormalige verhoudingsbestuurder van Barclays Wealth, ‘n afdeling van Absa, is Maandag op 39 aanklagte van diefstal ter waarde van R15 miljoen skuldig bevind.
Man glo met sambreel vermoor
ʼn Vrou is in Soul City naby Krugersdorp in hegtenis geneem nadat sy glo haar kêrel met ʼn sambreel vermoor het.
Foto’s: Jonges maak amok in Bekkersdal
ʼn Groep kinders het Maandag bande aan die brand gesteek en daarmee strate in Bekkersdal, buite Westonaria in Gauteng, versper.
Leerling dood ná bakleiery by skool
ʼn Skolier is Maandag dood en twee beseer tydens ʼn bakleiery by ʼn skool in Dannhauser in KwaZulu-Natal, berig die SAUK.
Weerdiens waarsku teen swaar haelneerval
Die weerdiens van Suid-Afrika het Maandagmiddag ʼn waarskuwing aan inwoners van Gauteng uitgereik om ‘n erge storm met swaar haelneerval te wagte te wees.
Vrou by Sasolburg-kuierplek geskiet
Die polisie is op soek na ʼn verdagte nadat ʼn 22-jarige vrou by ʼn kuierplek in Sasolburg geskiet en gewond is.
Woordloop en Aandwedloop by die Taalmonument
Trots op jou taal? Kom wys hóé trots – met ‘n Afrikaanse woord op jou bors tydens die Afrikaans op ‘n Drafstap Woordloop en Aandwedloop op Woensdag 11 Desember 2013 by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl.
Kruie as kultuur- en natuurhistoriese erfenis
Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument werk tans saam met Montagu Museum aan ‘n projek om kruie as kultuur- en natuurhistoriese erfenis te bevorder en bewaar.
Top Afrikaanse sangers toon hul steun vir Pretoria by AfriForum-musiekfees
Steve Hofmeyr, Liza Brönner en ander top Afrikaanse sangers gaan op Saterdag, 2 November van 07:00 tot 13:00 tydens AfriForum se jaarlikse musiekfees by die Voortrekkermonument in Pretoria hul steun vir die behoud van Pretoria se naam wys.
Kinderporno-saak: Onderwyser vlugtig in hof
ʼn Voormalige onderwyser het Maandag vlugtig in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn in verband met sy beweerde betrokkenheid by ʼn internasionale kinderpornografiesindikaat.
Kurt Darren se nuwe album, “Seerower”
Ná verkope van ver oor die 1 miljoen CD’s, volgehoue trefferparadeprestasies, ‘n rits SAMA- en ander toekennings, gewilldheid as TV- en radio-aanbieder en as rolprentakteur beur Kurt Darren volstoom vorentoe met sy jongste album Seerower. ‘n Musiekvideo van “Seerower” volg onderaan die berig.
Swaar storms eis lewens in Europa
Verskeie mense is in Brittanje en Nederland dood na reuse storms.
Fiat 500L nou die Grootboet
Vyf en vyftig jaar nadat die eerste Fiat 500 die lig gesien het as die eerste klein ‘stadsmotortjie’ van sy era, het die groter maar steeds kompakte 500L nou op die toneel verskyn.
SA gaan optree teen ou reisverbodlys
Die departement van internasionale betrekkinge gaan aanhou met pogings om uitgedateerde reisverbodlyste wat voormalige ANC-vryheidsvegters se name op het, reg te stel.
Beweringe van grumarteling in SA-tronk
Gruverhale ontvou in die buitelandse media oor hoe personeel van die G4S se geprivatiseerde Mangaung-tronk buite Bloemfontein met gevangenes werk.
Vyfjarige naby Standerton vermoor
Die Mpumalanga-polisie is op soek na verdere inligting nadat ʼn vyfjarige dogtertjie se liggaam Maandagoggend naby Standerton gevind is.
Veiligheidswag aangerand, in toilet vasgebind
ʼn Veiligheidswag is Sondagaand deur ʼn groep mans aangeval, vasgebind en in ʼn toilethokkie op ʼn konstruksiewerf in Pinetown, KwaZulu-Natal, gelaat.
SA-krieketspeler sterf toe bal hom teen kop tref
Darryn Randall (32), ʼn krieketspeler van Suid-Afrika, is Sondag in Alice in die Oos-Kaap dood nadat ʼn krieketbal hom teen sy kop getref het tydens ʼn premierliga-wedstryd tussen Old Selbornians en Fort Hare University.