Daar is ʼn toename van meer as 40% in die aantal tronkverkragtings en seksuele aanrandings van gevangenes die afgelope jaar, het Sibusiso Ndebele, minister van korrektiewe dienste gesê.
Lees meerAlles vir Woensdag 30 Oktober 2013
Wes-Kaap-sakeman beboet oor bedrog
Barend Pofadder (50), ʼn voormalige verkoopsman van ʼn maatskappy wat in industriële- en vervoerverkoeling spesialiseer, is Woensdag in ʼn Kaapstadse hof met R10 000 beboet of 12 maande tronkstraf gevonnis.
Medupi, Kusile in 2014 in werking
Suid-Afrika kan van volgende jaar af elektrisiteit van steenkoolkragstasies soos Medupi in Limpopo en Kusile in Mpumalanga verwag, het Eskom Woensdag gesê.
Minister fouteer glo met eie statistieke
Die minister van arbeid, Mildred Oliphant, het in haar toespraak tydens die amptelike bekendstelling van die Wysigingswet op Gelyke Indiensneming in die parlement ʼn growwe fout begaan toe sy gesê het dat ʼn nuwe tendens na vore gekom het waar werkgewers toenemend buitelanders eerder as Suid-Afrikaners in bestuursposisies aanstel.
“Gun Opod tyd om Phiyega te ondersoek”
Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) moet die geleentheid gebied word om bewerings teen Riah Phiyega, die nasionale polisiekommissaris, te ondersoek, het Nathi Mthethwa, minister van die polisie, Woensdag gesê.
Amok in Kaapstad se middestad
Betogers het Woensdag amok gemaak in Kaapstad se middestad nadat hulle op die Wes-Kaapse wetgewer en St George’s Mall toegesak en winkels en stalletjies geplunder het.
PTA dalk binnekort sy jakarandas kwyt
Volgens navorsing deur die Universiteit van Pretoria kan dié stad dalk binnekort sy kenmerkende jakarandabome kwyt wees.
Nóg ‘n skokvideo van ‘n aanval by ‘n skool
ʼn Video van ʼn voorval waarin ‘n 18-jarige skolier van KwaZulu-Natal aangerand en vermoor word, is op sosialemedia-kanale gelaai.
SA Weerburo verwag haelstorms en stormwinde
Die Suid-Afrikaanse Weerburo het Woensdag gesê hy verwag donderstorms met groot haelstene en stormwinde oor ʼn groot deel van die land.
Video: 5 minute met Amanda Strydom
Ons het tydens Aardklop met Amanda Strydom gesels oor haar verhoogstuk State of the Heart wat vanjaar sy 20ste verjaarsdag vier
Man kritiek ná N3-ongeluk
ʼn Man is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal ná ʼn ongeluk Woensdagoggend op die N3 buite Durban.
Shell moet antwoord oor hidrobreking – AfriForum
AfriForum het ʼn brief aan RoyalDutch Shell en Shell (SA) gerig waarin die maatskappye uitgenooi is om met die burgerregte-organisasie in gesprek te tree oor verskeie vrae wat deur verteenwoordigers van gemeenskappe dwarsoor Suid-Afrika ingedien is waarin hulle hul kommer oor skaliegasontginning en hidrobreking (fracking) uitspreek.
Franse gyselaars: Losprys van €20 miljoen glo betaal
ʼn Losprys van minstens €20 miljoen (sowat R270 miljoen) is glo betaal om vier Franse burgers, wat deur Al-Kaïda gyselaar gehou is, vry te laat, het ʼn bron Woensdag gesê.
Man vas oor verbod op vrouebestuurders
Human Rights Watch het gesê ʼn onderwyser van Saoedi-Arabië, wat ʼn veldtog ondersteun het om die verbod teen vrouebestuurders te beëindig, is in hegtenis geneem.
Anene Booysen: Kana se vonnisuitspraak uitgestel
Johannes Kana se vonnisoplegging vir die verkragting en moord van Anene Booysen is Woensdag in die Swellendamse rondgaande hof uitgestel.
Franse gyselaars op pad huis toe
Vier Franse burgers wat langer as drie jaar deur Al-Kaïda in Wes-Afrika aangehou is, is Woensdag op pad huis toe nadat hulle met behulp van die regering van Niger vrygelaat is.
Polisieman vas oor ontvoering
ʼn Polisiebeampte het Woensdag in die Germiston-streekshof verskyn op aanklag van ontvoering en uitbuiting.
Malaria-gevalle in Mpumalanga
Minstens 15 mense in Hazyview, Mpumalanga is met malaria gediagnoseer, het die departement van gesondheid Woensdag gesê.
Video: Wêreld se langste man trou
Sultan Kosen, die wêreld se langste man, is Sondag in Turkye in die eg verbind.
SAL moet kadetprogram eers uitstel of wit mans daarin opneem
Die vakbond Solidariteit het die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) vandag skriftelik versoek om sy kadetprogram voorlopig uit te stel terwyl dit deur die Menseregtekommissie (MRK) ondersoek word, of te verseker dat wit mans in die program opgeneem word. Aansoeke vir volgende jaar se kadetprogram sluit vandag.