Xilisile Guquza, wat van bedrog aangekla word, het Woensdag voor sy verskyning in die Johannesburgse gespesialiseerde handelsmisdaadhof sy gesig met ʼn Nando’s-papiersak, probeer wegsteek.
Alles vir Woensdag 30 Oktober 2013
Man op grassnyer van dronkbestuur aangekla
Tony Caulder (51) van Maine in Amerika is van dronkbestuur aangekla nadat hy glo sy grassnyer gebruik het om bier te gaan koop.
Musikant wou glo polisiemanne omry
Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) wou nie kommentaar lewer oor berigte dat die musikant, Khuli Chana, glo polisiebeamptes wou omry voordat hy geskiet is nie.
Facebook-vervalser samel fondse in
ʼn Facebook-gebruiker het ʼn vals profiel van Lulu Xingwana, minister van vroue, kinders en gestremdes, geskep en geld namens haar gevra.
Video: Kinders leer meer oor robotika
Om lego-robotte te bou, gaan oor veel meer as net pret. Dit kweek ook belangstelling by jong kinders in beroepe soos ingenieurswese.
Video: SA’ners diep in die skuld
Bykans die helfte van Suid-Afrika se kredietaktiewe vroue het negatiewe kredietrekords. Maar volgens die Suid-Afrikaanse Kredietburo vaar hulle steeds beter as mans.
Man raak vermis op Shosholoza Meyl-treinrit
Henry van Niekerk (74) van Kuilsrivier in die Wes-Kaap, het tussen Kaapstad en Johannesburg vermis geraak terwyl hy op die Shosholoza Meyl-trein gereis het.
Nuuskommentaar: Patriotiese nuus
Is patriotiese nuus noodwendig goeie nuus? Die vraag is (opnuut) op die tafel na pres. Jacob Zuma in antwoord op ‘n vraag in die parlement gesê het sy oproepe om meer patriotiese nuus is nie ‘n poging om by die redaksionele inhoud in te meng nie, en dat die ontbloting van korrupsie op ‘n regverdige en gebalanseerde wyse ook tel as patriotisme.
Taaltoffie: Die gans wat die goue eiers lê
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking “Die gans wat die goue eiers lê”
Privaatseremonie ná twee Vloot-manne vermis raak
ʼn Privaatseremonie sal gehou word vir twee spesialemag-lede van die Suid-Afrikaanse Vloot wat in Namibië ter see vermis geraak het.
Onnie gepos oor ringe op geslagsdeel
Die departement van onderwys in Gauteng het die afdanking van ʼn hoërskoolonderwyser in Pretoria verwelkom nadat hy leerlinge glo gehelp het om penisringe te kry.
ANC-hoë moet Kebble-geld terugbetaal
Die Wes-Kaapse hooggeregshof het ʼn ANC-hoë beveel om meer as R350 000 aan die boedel van Brett Kebble te betaal, het The Times Woensdag berig.
Skokvideo-polisieman beboet oor aanranding
ʼn Vrystaatse polisiebeampte is met R10 000 of ses maande tronkstraf beboet nadat hy op kringtelevisie vasgelê is terwyl hy ʼn vrou slaan en skop.
Staat soek lewenslank vir Anene se moordenaar
Die staat sal vandag versoek dat Johannes Kana lewenslank tronk toe gestuur word nadat hy gister skuldig bevind is aan die verkragting van en moord op Anene Booysen.
Gedagte vir die dag: Die sederboom: Deel 1 – Gee aan God jou beste
2 Samuel 7:1-2 – Toe koning Dawid in sy eie huis woon, nadat die Here hom rus gegee het van al sy vyande in die…