ʼn Man is Vrydag in Rynfield, Benoni, in hegtenis geneem nadat hy twee mans glo in ʼn huishoudelike onderonsie doodgeskiet het.
Lees meerAlles vir Vrydag 1 November 2013
Boeremaglede onbevoeg om wapens te besit
Regter Eben Jordaan het Vrydag in die Pretoriase hooggeregshof verklaar dat alle lede van die Boeremag, buiten drie, onbevoeg is om vuurwapens te besit.
Boeremag-dokter sê hy sal sterf in die tronk
Dr. Lets Pretorius, mediese dokter en lid van die Boeremag wat tronkstraf opgelê is vir hoogverraad, het Vrydag aan die Pretoriase hooggeregshof gesê hy is oortuig hy sal in die tronk sterf omdat hy ʼn wit politieke gevangene is.
Video: Wiskunde maak steeds deure oop
Op die vooraand van die eerste wiskunde-vraestel in die matriekeksamen het ‘n groot groep Afrikaanse wiskunde-leerkragte pas in Pretoria saamgetrek.
Goeie nuus vir motoriste
Motoriste kan ʼn sug van verligting slaak ná ʼn aankondiging Vrydag dat die prys van petrol Dinsdag sal daal.
Man in hof wat glo radiostasie afbrand
ʼn Man het Vrydag in die Sasolburg-landdroshof verskyn in verband met brandstigting by die Karabo FM-gemeenskapsradiostasie, het die Vrystaatse polisie gesê.
Drie blinde studente weggewys
Die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) in Port Elizabeth het die aansoeke van drie blinde studente afgekeur, aangesien hy nie oor die hulpbronne beskik om hulle te help nie.
Kokaïen en tonne dagga in “super tonnel” opgespoor
Drie vermeende dwelmsmokkelaars van ʼn Meksikaanse kartel is Donderdag in hegtenis geneem nadat ʼn uitgebreide smokkeltonnel tussen Tijuana en San Diego in Amerika ontdek is.
Video: ‘n Nuwe perspektief vir ma’s
Hierdie video is ‘n regte stukkie boeretroos vir elke ma wat wonder hoe sy as ouer vaar.
Toilet-moord: Klagtes teen vier mans teruggetrek
Klagtes teen vier van die vyf mans wat van die ontvoering, verkragting en moord op twee kleuters in Diepsloot beskuldig word, is Vrydag in die Pretoriase landdroshof teruggetrek.
Nege beseer ná bom by troue
Minstens nege mense, insluitend kinders, is beseer nadat ʼn bom by ʼn huwelikseremonie in die noorde van Afghanistan ontplof het.
Afskaling van Afrikaans aan die Universiteit van Kwazulu-Natal
Die Universiteit van Kwazulu-Natal is van voornemens om die doseer van Afrikaans as taal af te skaal tot eerstejaarsvak.
Duitsland skep nuwe geslag naas manlik en vroulik
Duitse ouers met babas wat sowel manlike as vroulike liggaamseienskappe het, sal voortaan nie oorhaastig hoef te besluit of die kind as seun of dogtertjie die lewe gaan aanpak nie.
Yank wen dieselfde lotto twee keer!
James Bozeman, ‘n pensioenaris van Amerika, het pas in Florida se lotto die multi-miljoendollar-boerpot vir die tweede keer gewen.
Meer as 82 000 aborsies in een jaar
Gemiddeld meer as 200 aborsies word daagliks in Suid-Afrika uitgevoer.
Victor Matfield gaan weer rugby speel
Victor Matfield oefen glo weer om volgende jaar terug te keer vir die Bulle se Superrugby-seisoen, meer as twee jaar nadat dié voormalige Springbok-rugbyspeler en Wêreldbeker-wenner afgetree het.
Anene Booysen: Kana gevonnis
Johannes Kana, wat skuldig bevind is aan die moord en verkragting op Anene Booysen, is Vrydag in die Swellendamse rondgaande hof gevonnis.
Agt beseer in M1-ongeluk
Agt mense is beseer in ʼn ongeluk wat daartoe gelei het dat ʼn gedeelte van die M1-snelweg in Sandton, Johannesburg, Vrydag moes sluit.
Video: Kinders red mekaar ná busongeluk
Die bestuurder van ʼn skoolbus, wat by ʼn brug in Kansas, Amerika, afgery het, is Donderdag na veiligheid gebring en die skoolkinders het mekaar veilig uit die bus gehelp.
EFF betoog teen e-tol
Verkeer sal Vrydag in Newtown, Johannesburg, herlei word tydens ʼn betoging deur die Economic Freedom Fighters (EFF) teen e-tol.