‘n Video van dieregedragkenner Kevin Richardson, Suid-Afrika se “Lion Whisperer”, met twee leeus het ‘n internetsensasie veroorsaak nadat dit op 2 Oktober op YouTube gelaai is.
Lees meerAlles vir Saterdag 2 November 2013
Madiba “nie meer siek nie”
Voormalige president Nelson Mandela is nie meer siek nie, het ANC-strydros Tokyo Sexwale Saterdag gesê.
Nuwe digitale planetarium in BFN
‘n Nuwe digitale planetarium is Vrydag op Naval Hill in Bloemfontein geopen.
Skietery by Los Angeles-lughawe
‘n Sekuriteitswag is dood en sewe mense beseer nadat ‘n man Vrydag met ‘n aanvalsgeweer op mense by Los Angeles International Airport (LAX) in Amerika losgebrand het.
Bootreis-wenner kry haar prys
Hannelie Meintjies van Pretoria het Saterdag amptelik haar prys, ‘n vierdag-bootreis vir twee ter waarde van R15 000, by AfriForum se jaarlikse musiekfees by die Voortrekkermonument in Pretoria in ontvangs geneem.
ANC-jeugliga swyg oor voorlopige sekwestrasie
Die ANC-jeugliga wou Vrydag nie kommentaar lewer oor ‘n berig dat die organisasie voorlopig gesekwestreer is deur die Johannesburgse hooggeregshof nie.
Jou identiteit in ‘n asblik
Banke, winkels, selfoonwinkels en reisagente gooi kliënte se persoonlike inligting in die asblikke by winkelsentrums en bedrieërs kan dit dan maklik gebruik om identiteite te steel
Foto’s: Duisende wys hul steun vir Pretoria se naam
Duisende mense het vandag by die Voortrekkermonument in Pretoria saamgetrek om hulle steun vir die behoud van Pretoria se naam te toon.
Nóg ‘n Krejcir-vennoot doodgeskiet
‘n Man van Serbië is Saterdag tydens ‘n vermeende huisroof in sy huis in Bedfordview, Johannesburg, doodgeskiet.
Voorlopige Nkandla-verslag vrygestel
Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, het haar voorlopige verslag oor die opgraderings by Nkandla, pres. Jacob Zuma se privaatwoning in KwaZulu-Natal, vrygestel.
Vier verhoorafwagtendes ontsnap
Vier verhoorafwagtendes het ontsnap terwyl hulle na die Johannesburgse landdroshof vervoer is, het die polisie Vrydag gesê.
Twee sterf toe kar boom tref
Twee jong mans is Saterdagoggend omstreeks 05:45 in Phoenix naby Umhlanga in KwaZulu-Natal dood toe hul voertuig ‘n boom getref het.
Man wat PTA-restaurant beroof sit lank
‘n Man is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy ‘n restaurant in Pretoria beroof het, het die polisie Vrydag gesê.
Gedagte vir die dag: Die sipresboom – ‘n Volmaakte tuiste
Psalm 104:16-18 Die bome van die Here, die sederbome wat Hy op die Libanon-berg geplant het, kry meer as genoeg reën. Die voëls maak hulle…