Daar is geen wetenskaplike bewys dat remvloeistof iemand gedisoriënteerd kan laat voel indien dit ingeneem word nie, het die Johannesburgse hooggeregshofsitting in Palm Ridge Maandag gehoor.
Lees meerAlles vir Maandag 4 November 2013
Dronk Duitser slaap bo-op perd
ʼn Besope Duitser het bo-op ʼn perd, genaamd Sandy, aan die slaap geraak nadat hy nie ná sy aandjie uit by sy huis kon uitkom nie.
Geld dalk motief vir regter se moord
‘n Lewenspolis het met waarnemende regter Patrick Maqubela se afsterwe R20 miljoen aan sy boedel uitbetaal.
18 vas oor hondegevegte
Altesaam 18 mense is in hegtenis geneem vir hul betrokkenheid in onwettige hondegevegte in Tsakane aan die Oos-Rand, het die NDBV Maandag gesê.
Val by God’s Window: Pasiënt sterk aan
ʼn Toeris wat 90 meter ver by ʼn uitkykpunt by God’s Window naby Graskop in Mpumalanga geval het, is Maandagmiddag uit die intensiewesorgeenheid by die Nelspruit Medi Clinic na ʼn algemene saal oorgeplaas.
Lyke glo vir R800 te koop
Bewerings van lyke wat by die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal in Johannesburg verkoop word, word ondersoek.
Minister stel Jode in SA teleur
Die SA Joodse Raad van Afgevaardigdes het hul misnoë uitgespreek oor ʼn opmerking deur Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge, dat Suid-Afrikaanse ministers nie Israel besoek nie.
Vierjarige sterf in huisbrand
ʼn Vierjarige dogtertjie het doodgebrand in haar huis in Jansenville in die Oos-Kaap, het die polisie Maandag gesê.
Polisie ondersoek nog moord op “bendelede”
Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moord op ses mense wat van bendebedrywighede in Khutsong, wes van Johannesburg, beskuldig is nie.
Miljoene rand se opknappingswerk by Susan Strijdom-tehuis
Solidariteit Helpende Hand het die eerste fase van ʼn R3,5 miljoen projek by die SAVF Susan Strijdom Tehuis vir verswakte bejaardes geïmplementeer.
Uitstel gevra oor beweerde testament-vervalsing
Die uitspraak in die moordverhoor van Thandi Maqubela is Maandagoggend vertraag toe haar prokureur ʼn aansoek ingedien het dat die saak weer oopgemaak moet word.
Omstrede misdaadintelligensie-saak teen SAPD staan af
Solidariteit se onbillikearbeidspraktyk-saak teen die SAPD namens kol. Kobus Roos, wat al jare lank vergeefs probeer om korrupsie binne die SAPD aan die kaak te stel, het Maandag in die arbeidshof in Johannesburg afgestaan om te bepaal of ‘n skikking bereik kan word.
Chana-ondersoek duur voort
ʼn Saak van poging tot moord teen die musikant Khuli Chana duur voort, het die Gautengse polisie Maandag gesê.
Kwêla-klag van die hand gewys
ʼn Klag oor ʼn insetsel op die kykNET-program, Kwêla, was nie onstellend genoeg vir die Uitsaaiklagtekommissie (UKKSA) om te ondersoek nie.
Seuntjie oorleef haai-aanval danksy barmhartige samaritane
Logan Hamby (6) is in Miami, Amerika deur ʼn haai aangeval, maar hy het wonderbaarlik oorleef nadat vreemdelinge die haai aangedurf het.
Griekwastad-moorde: Polisie ontken bewerings deur AWB-vrou
ʼn Polisiebeampte het Maandag in die Noord-Kaapse hooggeregshof bewerings deur ʼn verregse vrou oor haar rol in die Steenkamp-gesin se moorde op ʼn plaas naby Griekwastad, verwerp.
Universiteit verkoop dalk “grade” in Suid-Afrika
Die American University of London (AUOL) het glo MBA-grade vir R73 000 verkoop sonder dat hulle enige akademiese werk daarvoor verrig het, het ʼn BBC Newsnight-ondersoek bevind.
Vermeende reeksverkragter weer aangekeer
ʼn 32-jarige man wat van ʼn hele aantal verkragtings beskuldig word en in Brits uit die polisie se aanhouding ontsnap het, is weer aangekeer, het die polisie in Noordwes Maandag gesê.
Maroela Media Top 20 4 November 2013
Kaalvoetkind- Juanita, Ruan en Franja du Plessis Hier binne my- Jasmyn Rede om te glo- Elvis Blue Sandra Prinsloo- Mwah en Elvis se Seun Land…
WAT Woord van die week: Sitbok
Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se woord van die week is “sitbok”. Lees in hierdie Taaltoffie meer oor dié ongewone woord.