Verstommende beeldmateriaal is vrygestel nadat twee Cessna-vliegtuie met nege ervare valduikers en twee vlieëniers Saterdag in mekaar vasgevlieg het. Niemand is beseer nie.
Lees meerAlles vir Dinsdag 5 November 2013
Wêreldwye wyntekort voorspel
Navorsing deur Morgan Stanley Research (MSR) het bevind dat daar wêreldwyd ʼn tekort aan wynproduksie ondervind word.
Rooivalke uiteindelik ontplooi
Die Suid-Afrikaans ontwerpte Rooivalk-aanvalshelikopter is uiteindelik, ná R8 miljard en drie dekades van ontwikkeling, operasioneel ontplooi, berig defenceWeb.
Rioolwater beland in Milnerton-strandmeer in Kaapstad
ʼn Pyp wat ineengestort het, het veroorsaak dat riool in die Milnerton-strandmeer inspoel, het die stad Kaapstad Dinsdag gesê.
Regter se weduwee het glo gejok oor sy dood
Thandi Maqubela het die indruk geskep dat haar man nog leef, terwyl sy geweet het hy is reeds dood, het regter John Murphy Dinsdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gesê.
Griekwastad-moorde: Plaasarbeiders getuig
Arbeiders op die Steenkamp-plaas in Griekwastad het glo vroeg die oggend op Goeie Vrydag tuisgemaakte gemmerbier begin drink, het die Noord-Kaapse hooggeregshof Dinsdag gehoor.
Chad le Clos breek wêreldrekord
Chad le Clos het sy algehele voorsprong Dinsdag by die Fina Wêreldbeker-kampioenskap in Singapoer verbeter nadat hy sy eie wêreldrekord in die 200m-vlinderslag vir mans verbreek het.
Griekwastad-moorde: “Tiener was histeries”
Polisiebeamptes van die Griekwastad-polisie moes glo die tiener, wat van die moord op die Steenkamp-gesin verdink word, kalmeer toe hy by die plaaslike polisiestasie aangekom het, het die Noord-Kaapse hooggeregshof Dinsdag aangehoor.
Vermiste seuntjie dood, verkool aangetref
ʼn Agtjarige seuntjie van die Oos-Rand wat sedert Sondag vermis was, se halfverbrande liggaam is gevind en die polisie het Dinsdag ʼn beroep gedoen op die gemeenskap om hulle by te staan om die skuldige vas te trek.
Polisie skiet glo op betogers op pad na Uniegebou
Polisiebeamptes van Pretoria het glo Dinsdag met rubberkoeëls op betogers van die Mooiplaas-gemeenskap op pad na die Uniegebou geskiet.
Boek: Dit vat guts
‘n Aangrypende, insigryke en eerlike verhaal van ‘n tiener wat worstel met haar pa se kanker en sy uiteindelike dood – terwyl die lewe vir haar en haar gesin moet aangaan. Die boek gaan oor die dood, maar veel meer oor die lewe, drome, verliefraak, engele, en ‘n perd genaamd Harry.
Uitdrukking: Jou g*t sien
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking “jou g*t sien” (selfs al word dit vandag as plat Afrikaans beskou)
Jeug peil menings oor transformasie in omstrede video
AfriForum Jeug Maties het Dinsdag ‘n omstrede video, genaamd TransforMATIES, uitgereik waarin studente se menings oor transformasie by die Universiteit van Stellenbosch (US), gevra is.
Voertuigverkope daal in Oktober
Bernard K Hellberg gee ‘n breedvoerige uitleg van die voertuigverkope in Oktober 2013.
Vrou in moeilikheid wat siek pa hospitaal toe neem
‘n Koeweitse vrou wat haar siek pa na ‘n hospitaal in Saoedi-Arabië wou neem, is aan die Saoediese kant van die grens in hegtenis geneem omdat sy die voertuig bestuur het.
Alle griepvirusse oor vier jaar dalk met een inenting hokgeslaan
Die gevaar dat die wêreld weer deur ‘n grieppandemie getref kan word soos dié van 1918 toe miljoene mense wêreldwyd gesterf het, kan oor vier jaar iets van die verlede wees.
“Kersklanke” vier 21e speelvak
Dit is moontlik die laaste speelvak van “Kersklanke” in Pretoria, aangesien Carel en Petru nou in Somerset-Wes in die Wes-Kaap woon.
Kinderporno-saak: Een verdagte se saak van rol geskrap
Die saak teen een van die ses mans wat daarvan verdink word dat hulle deel is van ʼn internasionale kinderpornografiesindikaat is Dinsdag in die Randburgse landdroshof van die hofrol geskrap.
Limpopo-dubbeldmoordverdagte vasgetrek
Die polisie van Limpopo het ʼn verdagte vasgetrek wat daarvan verdink word dat hy sy vrou en eenjarige dogtertjie drie weke gelede met ʼn byl doodgekap het.
Man met R600 000 se dwelms betrap
ʼn 31-jarige man is Maandagmiddag by die King Shaka-lughawe in Durban in hegtenis geneem nadat kokaïne met ʼn geskatte straatwaarde van R600 000 in sy besit gevind is.