Regter Frans Kgomo het vandag beslis dat die media wel toegelaat sal word om getuienis deur dr Tromp Els, oor die verkragting van Marthella Steenkamp in die Griekwastad-moordverhoor te hoor.
Lees meerAlles vir Donderdag 7 November 2013
Twitter-aandele vlieg
Die kletsblad, Twitter, het vandag amptelik op die New Yorkse aandelebeurs noteer en boverwagte openingspryse behaal.
Olimpiese fakkel vertrek op ruimtereis
Die Olimpiese fakkel het vandag, in die aanloop tot die Winter Olimpiese Spele wat volgende jaar in Rusland gehou sal word, vir die tweede keer in die geskiedenis, op ’n ruimtereis vertrek.
“Sataniese-ritueel”: Uitspraak gelewer
Twee van die vier mense wat daarvan aangekla is dat hulle Kirsty Theologo vermoor het, is Donderdag skuldig bevind aan poging tot moord en aanranding.
E-tol: Cosatu betoog weer teen ʼn slakkepas
Cosatu hou Vrydag weer ʼn slakkepas-betoging in Johannesburg oor die omstrede e-tolstelsel.
AfriForum bring dringende aansoek teen vuurwapenopleiding-monopolie
Die burgerregte-organisasie AfriForum bring Vrydag ʼn dringende hofaansoek teen die Nasionale Polisiekommissaris, Riah Phiyega, asook die South African Professional Firearms Trainers Council (SAPFTC) nadat die SAPD alle diensverskaffers verplig het om voor 1 November 2013 vir akkreditasie by die SAPFTC aansoek te doen.
Agtjarige steek kleuter met draad dood
ʼn Driejarige seun van Kaapstad is dood nadat ʼn agtjarige seun hom met ʼn stuk draad doodgesteek het.
“E-tolgeveg nog nie verby nie” – DA
Die DA het Donderdag gesê die stryd teen die omstrede e-tolstelsel op Gautengse hoofweë is nog nie verby nie.
Omstrede misdaadintelligensie-saak teen SAPD uitgestel vir verhoor
Solidariteit se onbillikearbeidspraktyk-saak teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) namens kol. Kobus Roos, wat al jare lank vergeefs probeer om korrupsie binne die SAPD aan die kaak te stel, is Donderdag in die arbeidshof in Johannesburg tot volgende jaar uitgestel vir verhoor.
EFF-lede besing Malema se lof tydens optog
Lede van die Economic Freedom Fighters (EFF) het Donderdag by ʼn diensteleweringoptog van inwoners van Mooiplaas, in die weste van Pretoria, aangesluit en van Marabastad…
Griekwastad-moorde: Media mag dalk nie hoor oor Marthella se nadoodse ondersoek
Hofverrigtinge van die Griekwastad-moordverhoor is Donderdag vertraag nadat die staat en die verdedigingspan die hof versoek het dat die media die hof moet verlaat terwyl bewyse van Marthella Steenkamp se nadoodse ondersoek aangehoor word.
Polisie monitor steeds Khutsong
Die Gautengse polisie monitor steeds Khutsong naby Carletonville nadat ses mense grusaam oor die naweek vermoor is.
Kabinet versoek kiesers om te registreer
Die kabinet het Donderdag ʼn beroep op alle ongeregistreerde kiesers gedoen om die komende naweek by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) te registreer vir volgende jaar se verkiesing.
Man en verminkte vrou dood in Hebron gevind
Die verminkte liggaam van ʼn vrou en die liggaam van ʼn man is in ʼn huis in Hebron in Noordwes gevind, het die polisie Donderdag gesê.
Underberg-plaasmoord: Vierde verdagte in hegtenis geneem
ʼn Vierde verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op Dan Knight (56), ʼn boer wat glo by sy plaashuis naby Underberg met ʼn hamer doodgeslaan is.
Tiener in hof oor naakfoto’s op juffrou se tafel
ʼn Matriekleerling van Hoërskool Jeugland in Kempton Park, het Woensdag in die hof verskyn nadat hy glo by die skool ingebreek het en naakfoto’s van homself op ʼn onderwyseres se tafel gelos het, het Beeld Donderdag berig.
Nuuskommentaar: Misdaadstatistiek: Pas die skoen die Poot?
As daar een ding is waarsonder die beleërde polisiehoof, Riah Phiyega nou goed kan klaarkom, is dit nog aanslae op haar geloofwaardigheid.
Seun sterf ná hy klapper insluk
ʼn Sesjarige seun is dood nadat hy ʼn klapper ingesluk het tydens die Diwali-fees in Durban oor die naweek, het The Star Donderdag berig.
Sonkring nie vreemd nie
Talle inwoners van Gauteng, Limpopo en Noordwes het Woensdag kop gekrap oor ’n vreemde kring om die son wat soos ʼn reënboog lyk.
Mandla Mandela se regspan soek hul geld
Mandla Mandela, een van oudpresident Nelson Mandela se kleinseuns, se prokureurs het met regstappe teen hom begin om onbetaalde kostes van nagenoeg R500 000 van hom te verhaal, het die City Press berig.