Plaaswerkers het Maandag ʼn vragmotor in Wellington in die Wes-Kaap aan die brand gesteek.
Lees meerAlles vir Maandag 11 November 2013
Pastorie-moorde: Seun pleit skuldig
Die aangenome seun van ʼn Vrystaatse dominee het Maandag in die Harrismith rondgaande hof skuldig gepleit op sy moord.
Nuwe “Murder, She Wrote” is ‘n fout, sê Lansbury
Angela Lansbury sê “dis ʼn fout” van NBC om ʼn nuwe reeks “Murder, She Wrote” te noem.
Griekwastad-moorde: Geen kruitneerslag; hof hoor oor Marthella
ʼn Kenner in chemikalieë van die polisie het Maandag bevestig dat geen kruitneerslag van ʼn vuurwapen op die hande van ʼn 17-jarige seun, wat van die Griekwastad-moorde verdink word, gevind is nie.
SA se top 10 restaurante
Die wenners van die 2013 Eat Out DStv Food Network Restaurant-toekennings is pas by ʼn glansgeleentheid aangewys.
Vrou sterf ná skoonseun haar glo met petrolbom gooi
Die polisie is op soek na die skoonseun van ʼn bejaarde vrou nadat hy haar glo Sondag met ʼn petrolbom in Johannesburg gegooi het.
“Daar’s nie spanning in die DA” – Zille
DA-leier Helen Zille het gerugte dat daar spanning in die party broei, ten sterkste ontken.
Toyota-motorsport bult spiere
‘n Onpretensieuse klein motortjie wat Toyota se naam hoog hou as volumeverkoper – die Yaris – is besig om in ’n gespierde klein tydrenmotor in die hande van Glyn Hall te ontwikkel.
Prostituut- en tienermoord: Man weer in hof
Johannes Christiaan de Jager (48) wat daarvan verdink word dat hy twee tienermeisies, Hiltina Alexander (18) van Parow en Charmaine Mare (18) van Mpumalanga, vermoor het, het Maandag vlugtig in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn. De Jager se verhoordatum is vir Woensdag bepaal.
Talle JFK-uitstallings herdenk sluipmoord
Met die 50ste herdenking van oud-pres. John F. Kennedy se sluipmoord later vandeesmaand het baie museums in die VSA begin om items uit te stal wat te make het met dié dag.
Top- ses finaliste van die grootste Afrikaanse sakeplankompetisie word aangekondig
Die ses topfinaliste in wat beskou word as die grootste Afrikaanse sakeplankompetisie van die jaar, is Maandag bekendgemaak.
Manguang-komplot: Verregses gaan dalk pleit
Onderhandelings vir ʼn moontlike pleitooreenkoms is Maandag in die Bloemfonteinse hooggeregshof aangehoor tydens ʼn verhoor oor ʼn beplande staatsgreep deur verregses.
Griekwastad-moorde: Steenkamps is verskeie kere geskiet
Deon Steenkamp, ʼn boer van Griekwastad, en sy vrou Christelle, is dood weens veelvoudige skietwonde, het die Noord-Kaapse hooggeregshof Maandagoggend aangehoor.
Vlugte na Argentinië steeds moontlik
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het Maandag gesê reisgeleenthede na en van Argentinië gaan steeds moontlik wees met behulp van sy vennote.
ID-diefstal: Verdagte steel glo R4.5 miljoen
Martin du Plessis, ʼn privaatspeurder, is op soek na ʼn man wat glo weens ID-diefstal R4.5 miljoen van ʼn bekende sakeman in Johannesburg gesteel het. Weens die aard van die ondersoek mag die sakeman se identiteit nie bekend gemaak word nie.
Olimpiese fakkel keer terug van ruimtereis
Die Olimpiese fakkel vir die 2014 Winter Olimpiese Spele wat in Rusland gehou sal word, het Maandag teruggekeer aarde toe.
Polisie ondersoek kind se “rot-dood”
ʼn Saak van moord word deur die Gautengse polisie ondersoek nadat die verminkte liggaam van ʼn sewe maande oue babaseuntjie Sondag in ʼn Diepsloot aangetref is.
Kindergifmoorde: Ma in hof
Die ma van twee kleuters, wat daarvan verdink word dat sy hulle in Oktober vergiftig het, verskyn Maandag in die Heidelberg-landdroshof in verband met hul moord.
Huismoeder in hof ná sy glo kinders vergiftig
ʼn Huismoeder (58) van ʼn kinderhuis in Pretoria, verskyn Maandag in die Pretoriase landdroshof in verband met die beweerde vergiftiging van 16 kinders.
Vrou vermoor glo katelknaap
ʼn 63-jarige vrou is in hegtenis geneem nadat sy glo haar 35-jarige kêrel naby Lichtenburg in Noordwes met ʼn mes dood gesteek het.