ʼn Klein Psalm-boekie van 1640, wat moontlik die eerste boek is wat in Amerika gedruk is, het Dinsdag bykans $14.2 miljoen (sowat R142 miljoen) op ʼn veiling gehaal.
Alles vir Woensdag 27 November 2013
Nuuskommentaar: “Om kwaad te wees vir die ANC is soos om kwaad te wees vir God.”
Die Vrystaatse premier het weer ontsteltenis veroorsaak oor ‘n uitspraak wat in sommige kringe as godslasterlik ervaar word, en ander as “minstens baie onverantwoordelik,” terwyl die Vryheidsfront Plus dit as arrogant en desperaat beskou.
Foto’s: Ses sterf, 15 beseer in Centurion-botsing
Waarskuwing. Die foto onderaan die artikel mag sensitiewe lesers ontstel.
Matrieks geskok oor babaverkragting-vraag
Matrieks wat Dinsdag die drama-vraestel geskryf het, moes verduidelik hoe hulle ʼn baba se verkragting op die verhoog sou uitbeeld deur gebruik te maak van ʼn besemstok en ʼn brood, het The Witness Woensdag berig.
Uitdrukking: Dit reën katte en honde
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking “Dit reën katte en honde”
Agliotti het óók geld geleen by Krejcir
Glen Agliotti, veroordeelde dwelmhandelaar, het R400 000 geleen by ʼn maatskappy wat verbind word aan die Tsjeggiese voortvlugtende Radovan Krejcir, het Beeld Woensdag berig.
Foto’s: Duitse ‘vriend’ van Krejcir ook vas
ʼn 61-jarige man van Duitsland, wat glo ʼn goeie vriend van die Tsjeggiese voortvlugtende Radovan Krejcir is, is Dinsdag in hegtenis geneem nadat dit aan die lig gekom het dat hy glo vir die afgelope agt jaar onwettig in die land is.
Henning-moordenaars se vonnisoplegging begin vandag
Ambrose Monye, ʼn voormalige Olimpiese atleet van Nigerië, en André Gouws se vonnisoplegging gaan na verwagting Woensdag in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria begin nadat hulle Maandag skuldig bevind is aan die moord op Chanelle Henning.
Bejaarde vrou verkrag
ʼn Man is in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ʼn 78-jarige vrou in Taung, Noordwes.
VF+ hof toe oor e-tol
Die Vryheidsfront Plus het ʼn hofaansoek gebring vir ʼn interdik teen volgende week se implementering van die omstrede e-tolstelsel op Gautengse hoofweë.
Gedagte vir die dag: Vreugde is om te besef jy het genoeg
Psalm 23:1 – Die Here is my herder, niks sal my ontbreek nie. Een Sondag by die Sondagskool moet die kleuters Psalm 23 leer en die…