Gemiddeld meer as 200 aborsies word daagliks in Suid-Afrika uitgevoer.
Alles vir die maand November 2013
Victor Matfield gaan weer rugby speel
Victor Matfield oefen glo weer om volgende jaar terug te keer vir die Bulle se Superrugby-seisoen, meer as twee jaar nadat dié voormalige Springbok-rugbyspeler en Wêreldbeker-wenner afgetree het.
Anene Booysen: Kana gevonnis
Johannes Kana, wat skuldig bevind is aan die moord en verkragting op Anene Booysen, is Vrydag in die Swellendamse rondgaande hof gevonnis.
Agt beseer in M1-ongeluk
Agt mense is beseer in ʼn ongeluk wat daartoe gelei het dat ʼn gedeelte van die M1-snelweg in Sandton, Johannesburg, Vrydag moes sluit.
Video: Kinders red mekaar ná busongeluk
Die bestuurder van ʼn skoolbus, wat by ʼn brug in Kansas, Amerika, afgery het, is Donderdag na veiligheid gebring en die skoolkinders het mekaar veilig uit die bus gehelp.
EFF betoog teen e-tol
Verkeer sal Vrydag in Newtown, Johannesburg, herlei word tydens ʼn betoging deur die Economic Freedom Fighters (EFF) teen e-tol.
Drie dosente gepos ná seksuele teistering by Wits
Die Universiteit van die Witwatersrand het hul ondersoek oor klagtes van seksuele teistering afgehandel.
Foto’s: M1-snelweg in JHB gesluit ná kar uitbrand
Die M1-noord in Johannesburg net voor die Grayston-afrit is Vrydag gesluit nadat ‘n voertuig aan die brand geslaan het.
Hoof van maatskappy wat e-tol moet invorder, bedank
Die hoof uitvoerende beampte van die maatskappy wat e-tol in Gauteng moet invorder, het bedank, het Fin24 Donderdagaand op sy webwerf berig.
Babastoeltjies op vliegtuie voorgestel
Australië se lugvaartveiligheidwaghond het Vrydag voorgestel dat kinderstoeltjies in vliegtuie gebruik moet word om die veiligheid van kinders te verseker.
Aarbei-room
‘n Heerlike nagereg wat sommer maklik aanmekaargeslaan kan word.
Voel soos ‘n kraai met pouvere
As jy ontuis of ongemaklik voel, dan voel jy “soos ‘n kraai met pouvere”. Lees gerus die oulike verhaal agter hierdie uitdrukking in dié Taaltoffie.
Skokvideo-aanval: Onnies het niks gedoen nie
ʼn Groep onderwysers het glo toegekyk hoe ʼn leerling van Sizimele High School in KwaZulu-Natal vermoor word sonder om in te gryp.
Nuuskommentaar: Hoenderkop-beleg van die Wyngordyn
Ouderwetse geopolitiek afgestof, blinkgevryf en in volle swang. So kan die beleg van die wyngordyn ten beste beskryf word. ‘n Beeld ontvou van ‘n persepsie dat zombies beter as regering sal vaar as die verkose verteenwoordigers – met ‘n peiling wat dié opvatting staaf.
Phiyega ontken sy het ondersteuning gevra
Riah Phiyega, die nasionale polisiekommissaris, het ontken dat sy lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) genader het vir ondersteuning in ʼn ondersoek teen haar.
Welkom-polisie op soek na vier mans
Die polisie in Welkom het Donderdag ʼn beroep gedoen op die publiek om hulle by te staan in hul soektog na vier mans in verband met ʼn kaping en diefstal.
Man deur polisiebeampte doodgeskiet
Die polisie het Donderdag ʼn man by die Kwaggasrand-gholfbaan in die weste van Pretoria doodgeskiet.
Medelye ná Eskom-sterftes
President Jacob Zuma het sy meegevoel betuig met die families van die ses mense wat Donderdag dood is toe ʼn steier meegegee het by ʼn Eskom-konstruksieterrein naby Ladysmith in KwaZulu-Natal.
Gedagte vir die dag: Die sederboom: Deel 3 – Die Here is my rots, Hy maak my sterk en mooi
Psalm 92:13-16 – Die regverdiges sal sterk wees soos palmbome, soos hoë seders op die Libanon. Hulle vind hulle krag in die huis van die…