Minstens vier mense is dood en talle beseer nadat ʼn passasierstrein in New York ontspoor het.
Lees meerAlles vir Sondag 1 Desember 2013
Man vas na hy glo niggie verkrag
ʼn 25-jarige man is in Lichtenburg, Noordwes in hegtenis geneem nadat hy glo sy verstandelik gestremde niggie verkrag het.
19 vas oor dwelms
Negentien mans is in hegtenis geneem nadat ʼn dwelmlaboratorium by ʼn huis in Gillits in KwaZulu-Natal ontdek is.
Baba-oppasser verkrag
ʼn 34-jarige vrou is by haar werksplek in Delareyville, Noordwes verkrag.
Seun sterf na kopskoot oor raserige musiek
’n Afgetrede eiendomsagent het sy voormalige buurman se seun geskiet oor hy glo te hard musiek geluister het, berig Rapport.
SA se rykstes word net ryker
Die gesamentlik rykdom van die 20 rykste mense in Suid-Afrika het met 8,6% gegroei in vergelyking met verlede jaar, berig Sunday Times.
Friends of Zuma Trust moet opdok oor laster
Die hooggeregshof in Kaapstad het beveel dat die Friends of Zuma Trust vir Richard Young, ʼn fluitjieblaser in die wapenskandaal, skadevergoeding moet betaal weens lasterlike uitlatings.
Rupert bied R2,34 miljard vir Caxton aan
Die sakeman Johann Rupert het ʼn aanbod van R2,34 miljard gemaak om ʼn maatskappy te koop wat ʼn groot aandeel in die mediagroep Caxton besit, berig Sunday Times.
Man op borg vermoor glo vrou
ʼn 27-jarige ma van Noordwes is glo deur haar man, wat op borgtog uit was, vermoor.
Mandela-kleinseun van aanranding aangekla
Oudpresident Nelson Mandela se kleinseun, Mandla, word daarvan aangekla dat hy ʼn onderwyser aangerand het, berig die Sunday Times.
Lof vir politieke strydros Colin Eglin
Die DA en Agang het hul medelye uitgespreek met die afsterwe van die oudpolitikus Colin Eglin.
‘Stroper’ in wildtuin doodgeskiet
ʼn Vermeende renosterstroper is deur veldwagters in die Krugerwildtuin doodgeskiet.
Hollywood-akteur sterf in motorongeluk
Die akteur Paul Walker is die naweek in ʼn motorongeluk oorlede. Hy was 40 jaar oud.
Gedagte vir die dag: Is jy gereed as die Here vandag sou kom?
1 Tessalonisense 5: 2 – “Julle weet self maar alte goed dat die dag van die Here onverwags kom soos ‘n dief in die nag.” Die…