Streng veiligheidsmaatreëls word by die Palm Ridge-landdroshof toegepas waar die Tsjeggiese voortvlugtende Radovan Krejcir en sy medebeskuldigdes Maandag verskyn om aansoek te doen om borgtog.
Alles vir Maandag 2 Desember 2013
Elvis se ‘blue suede shoes’ word opgeveil
Elvis Presley se beroemde ‘blue suede shoes’ word Vrydag in Los Angeles opgeveil, en sal na verwagting $80 000 (sowat R800 000) haal.
Video: Nege sterf toe helikopter op kroeg se dak val
ʼn Negende persoon se liggaam is Sondagaand in die puin opgespoor nadat ʼn polisiehelikopter Vrydagaand bo-op ʼn kroeg in Glasgow, Skotland, neergestort het.
Drie vas vir verkragting
Drie mans is in Gauteng in hegtenis geneem nadat hulle glo Sondagaand ʼn 15-jarige meisie verkrag het.
E-tol-vervolging: JPSA glo met regstappe gedreig
Die prokureurs van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het glo die Justice Project SA (JPSA) met regstappe gedreig nadat die organisasie Vrydag duidelikheid oor e-tol-vervolging geëis het.
Noordwes-botsing eis 12
Twaalf mense is dood en agt beseer nadat twee voertuie Sondagaand op die N12-snelweg buite Klerksdorp in Noordwes gebots het.
WAT Woord van die week: Salaris
Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se woord van die week is “salaris”. Lees in hierdie Taaltoffie waar dié woord vandaan kom.
Mdluli weer in hof vir appèlaansoek
ʼn Aansoek om verlof om te appèl aan te teken teen die uitspraak van Richard Mdluli, die geskorste hoof van die polisie en die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, word Maandag in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor.
Nuuskommentaar: Die Godsverduistering
Min mense sal twyfel dat die land ‘n groot uitdaging vir die Christen geword het. Dit is binnekort Kersfees, en dit is miskien ‘n goeie geleentheid om bestek op te neem van hoe dit gepas is om ‘n behoorlike Christusfees wat by die geleentheid pas te vier.
Maroela Media Top 20 2 Desember 2013
Land van melk en heuning- Bok van Blerk Seerower- Kurt Darren Kaalvoetkind- Juanita, Ruan en Franja du Plessis Swart koffie- Corlea Sewe oseane- Andriëtte
Krejcir en kie terug in hof
Die Tsjeggiese voortvlugtende Radovan Krejcir, Desai Lupondo, en twee lede van die Valke, Samuel Modise Maropeng en Geroge Jeff Nthoroane, gaan na verwagting Maandag in die Palm Ridge-landdroshof verskyn om vir borgtog aansoek te doen.
VF+ vandag in hof oor e-tol
Die Vryheidsfront Plus wend homself vandag tot die hooggeregshof in Pretoria om ʼn interdik te bekom in ʼn laaste poging om die omstrede e-tolstelsel op Gautengse hoofweë te keer voor dit Dinsdag in werking tree.
Verdagte vas oor moord op ouditeur
ʼn Man van Soweto is in hegtenis geneem in verband met die moord op Lawrence Moepi, ʼn forensiese ouditeur.
Man vermoor glo vriendin, baba
Die polisie is op soek na ʼn man wat glo Sondag sy vriendin en hul eenjarige baba in Thabazimbi, Limpopo vermoor het.
Gedagte vir die dag: Diensbaarheid gee jou vreugde
Johannes 13:14 – “ As Ek, wat julle Here en julle Leermeester is, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was.”…