André Gouws, een van die mans wat skuldig bevind is op Chanelle Henning se moord, het Donderdag tydens sy vonnisoplegging in die Pretoriase hooggeregshof erken dat Henning se man, Nico, die meesterbrein van haar moord is.
Alles vir Donderdag 5 Desember 2013
Woord: deksteriteit
Taaltoffie ondersoek die herkoms van “deksteriteit”, probleme waarmee linkshandiges sukkel, tot die regte voet om oor die drumpel mee te trap as jy pas getroud is.
Aftree-ouderdom in Engeland hersien
Britte, wat nou 20 jaar oud is, sal dalk moet werk tot hulle eendag 70 is voor hulle staatspensioen sal kan ontvang, berig die BBC.
PTA-student jok glo oor Hatfield Square-ontvoering
ʼn 20-jarige student van Pretoria is Woensdag in hegtenis geneem nadat sy glo vir die polisie gejok het toe sy beweer het dat sy oor die naweek ontvoer en deur ʼn bende van vier mans verkrag is.
Kleuterrympie: Ou Moeder Gans
‘n Kleuterrympie oor die bekende Ou Moeder Gans deur Leon Rousseau
Limpopo se beste en swakste munisipaliteite aangewys
Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) het vandag met die bekendstelling van sy Leefbaarheidsmonitor vir Limpopo die provinsie se beste en swakste munisipaliteite aangewys.
Nuuskommentaar: Wegsink in die Nkandla-dryfsand
Na berig word, is die Nkandla-landgoed teen omtrent enige bedreiging beveilig – tot aardbewings. Maar heel duidelik is nagelaat om die kwessie teen die politieke dryfsand te beveilig. Al vraag wat oorbly is wie en wat alles ingesluk gaan word, en hoe vinnig…
Afrikaanse vraestelkrisis: Unisa wíl studente help
Unisa sê hy wil ʼn oplossing vind wat in die beste belang van die studente sal wees, nadat sommige vraestelle by dié universiteit nie in Afrikaans beskikbaar was nie.
Video: Uiters realistiese skildery met vinger op iPad geteken
Dit lyk dalk soos ʼn foto, maar dit is eintlik ʼn skildery van die akteur Morgan Freeman wat die 26-jarige Kyle Lambert van Engeland met sy vinger op ʼn iPad geteken het.
Twee sterf in vliegtuigongeluk
Twee mense is dood nadat ʼn ligte vliegtuig Woensdag in ʼn suikerrietveld in Richmond naby Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal neergestort het.
Een sterf in PTA-ongeluk
Een persoon is dood en ses beseer nadat ʼn voertuig en ʼn ligte afleweringsvoertuig Woensdagaand op die N4-snelweg in Pretoria gebots het.
Henning-moordsaak: Vonnisoplegging hervat
Die vonnisoplegging van twee mans, wat skuldig bevind is oor hul betrokkenheid by die moord op Chanelle Henning, hervat vandag in die Pretoria-hooggeregshof.
DA-raadslid gepos oor rassisme
Kaapstad se stadsraad het Junade Hoosain, DA-raadslid, uit sy pos verwyder weens rassisme.
Baba-moordenaar skuldig bevind
Christiaan Oldewage is Woensdag in die hooggeregshof in Pretoria skuldig bevind aan die moord op sy drie weke oue stiefseun.
Gedagte vir die dag: Kies jou vriende reg
Psalm 1:1 – God hou sommer baie van jou, want jy leen nooit jou ore aan slegte mense uit nie. Jy hardloop nie agter elke…