Die voormalige wêreldbokskampioen Jacob “Baby Jake” Matlala se afsterwe is ʼn “groot verlies vir Suid-Afrikaanse boks.”
Lees meerAlles vir Saterdag 7 Desember 2013
Mandela-routyd: Só verloop gebeure
Collins Chabane, minister in die presidensie, het Saterdag aan die media verduidelik hoe die tien dae van rou na die afsterwe van oudpresident Nelson Mandela sal verloop.
Soldate moet terugrapporteer vir Mandela-pligte
Die weermag het Saterdag soldate wat op verlof is beveel om terug te rapporteer vir diens om bystand te lewer tydens die tien dae van rou na die afsterwe van oudpresident Nelson Mandela.
Baba Jake Matlala oorlede
Die legendariese bokser Jacob (Baby Jake) Matlala is Saterdagoggend in die ouderdom van 51 oorlede.
Raaisel oor liggaam by gedenkteken
Die liggaam van ʼn 50-jarige man is Vrydag onder raaiselagtige omstandighede by die Fort Frederick-gedenkteken in Port Elizabeth in die Oos-Kaap gevind, berig The Herald.
Nelson Mandela se oorskot deur Pretoria geparadeer
Oudpresident Nelson Mandela se oorskot sal deur die strate van Pretoria geparadeer word op die dae wat hy in staatsie by die Uniegebou sal lê, het die regering Saterdag gesê.
Sanral sê boetes oor e-tolskyfie is dalk slenter
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het hom gedistansieer van bewerings dat die Johannesburgse metropolisie glo motoriste met boetes dreig oor hulle nie e-tolskyfies het nie.
SA maak gereed om afskeid te neem van Nelson Mandela
Suid-Afrikaanse owerhede begin reeds gereed maak om honderde wêreldleiers na die land te verwelkom vir oudpresident Nelson Mandela se begrafnis.
Pensioenaris vas oor dagga
ʼn 64-jarige vrou is in Limpopo in hegtenis geneem vir die verkoop van dagga.
Nege sterf ná bakkie omslaan
Nege mense is dood en twee beseer nadat ʼn bakkie omgeslaan en in ʼn rivier beland het tussen Middelburg en Groblersdal in Mpumalanga.
Vrou sterf in ongeluk
ʼn Vrou is dood en twee mense beseer nadat die motor waarin hulle gery het Vrydagaand in Kempton Park omgeslaan het.
Gedagte vir die dag: Trane
Luk 7:37-38: “Sy bring toe ’n albaste flessie met reukolie en gaan staan agter Jesus by sy voete en huil, sodat haar trane op sy voete…