Suid-Afrika moes Maandag inderhaas alles gereed kry vir die nagenoeg 100 wêreldleiers wat Dinsdag die herdenkingsdiens van oud-president Nelson Mandela by die ENB-stadion in Johannesburg sal bywoon.
Lees meerAlles vir Maandag 9 Desember 2013
Hierdie winkels is Sondag gesluit
Massmart-winkels sal Sondag gesluit wees vir die begrafnis van voormalige president Nelson Mandela.
Krejcir en kie het glo staatsaanklaer gedreig
Radovan Krejcir en sy drie medebeskuldigdes het glo die staatsaanklaer en ‘n getuie in hul aansoek om borgtogaansoek gedreig, het die Palm Ridge-streekshof Maandag gehoor.
Nkandla-verslag uitgestel weens Mandela-begrafnis
‘n Inter-ministeriële verslag oor die sekuriteitsopgraderings by pres. Jacob Zuma se Nkandla-huis sal nie soos beplan, vandeesweek vrygestel word nie.
Thandi Maqubela hoor oor borg
Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Maandag uitspraak gelewer in die borgtogaansoek van Thandi Maqubela wat haar man, waarnemende regter Patrick Maqubela in 2009 in sy huis in Seepunt, Kaapstad, vermoor het.
Griekwastad-moorde: Dié vonnis as hy skuldig is
Slotbetoë word tans aangehoor in die Noord-Kaapse hooggeregshof in Kimberley in die hofsaak van die tienerseun wat daarvan verdink word dat hy drie lede van die Steenkamp-gesin op hul plaas doodgeskiet het.
Video: Al is dit net vir ‘n sekonde
ʼn Nie-winsgewende organisasie in Frankryk het besluit om 20 kankerpasiënte te help om van hul siekte te vergeet, al is dit net vir ʼn sekonde.
Polisie lê beslag op “hope” wapens van seuns
Die polisie van die Oos-Kaap het die afgelope week beslag gelê op ʼn groot aantal wapens, waaronder pangas en messe, in twee dorpies in dié provinsie.
Video: Obama laat Amerikaanse vlag halfstok wapper
Suid-Afrikaners het oor die naweek by die restaurant Madibas byeengekom om hulle herinneringe oor Nelson Mandela te deel.
Video: Tronkbewaarders deel Madiba-herinneringe
Die bewaarders wat Nelson Mandela in die gevangenis opgepas het, deel ook hulle herinneringe aan hom. Christo Brand en Phil du Preez is twee van hulle.
Video: Madiba se veiligheidspolisie bring hulde
Rory Steyn was sedert 1996 deel van Nelson Mandela se persoonlike beskermingseenheid. Hy het aan eNuus vertel van sy jare in die veiligheidspolisie en die…
Sluitingsdatum vir kortverhaalwedstryd om die draai
Die inskrywings vir Human & Rousseau en LitNet se jaarlikse Nuwe Stories-kortverhaalwedstryd vir skrywers onder 30 sluit reeds 6 Februarie 2014.
Beitbrug-dwelmsmokkelaar wag vir hofdatum
Daar is nog nie duidelikheid wanneer ʼn vragmotorbestuurder, wat Sondag in hegtenis geneem is nadat hy “die grootste besending kokaïne ooit” die land in wou smokkel, in die hof gaan verskyn nie.
Video: “Madiba was een van die grootste geeste dié eeu” – FW de Klerk
Oud-president FW de Klerk het Nelson Mandela beskryf as een van die grootste geeste die afgelope eeu.
Video: Roelf Meyer bring hulde aan Madiba
Oud-NP-minister en -onderhandelaar Roelf Meyer het sy herinneringe aan Nelson Mandela met eNuus gedeel, en verduidelik waarom Madiba so ‘n deurslaggewende rol in die onlangse Suid-Afrikaanse geskiedenis gespeel het.
Video: SA en toeriste rou saam
Suid-Afrikaners en buitelandse toeriste het die naweek van 7 en 8 Desember gebruik as ‘n geleentheid om bymekaar te kom op plekke waar hulle Nelson Mandela kon eer en sy lewe herdenk.
WAT Woord van die Week: Sannie van die plaas
Die WAT Woord van die Week is die uitdrukking, “Sannie van die plaas” om te verwys na iemand wat ongesofistikeerd en naïef is. Lees vandag se Taaltoffie om meer uit te vind.
Video: NG Kerk-moderator verwerp Madiba-afgod kritiek
Die NG Kerk en sy lidmate het Sondag landwyd deelgeneem aan die regering se oproep tot ‘n biddag ná die afsterwe van oud-president Nelson Mandela.
Verdagte in hof vir ouditeur se moord
ʼn Man van Soweto wat daarvan verdink word dat hy Lawrence Moepi, ʼn forensiese ouditeur, vermoor het, het Maandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.
Sanef soek antwoorde ná redakteur se afdanking
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het Maandag versoek dat die rede vir Alide Dasnois, redakteur van die Cape Times, se afdanking dringend bekend gemaak moet word. Die Cape Times word deur Independent Newspapers besit en uitgegee.