Die kredietgradering van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) is deur die graderingsagentskap, Moody’s Investors Service, bevestig.
Alles vir Maandag 9 Desember 2013
Oud-polisieman skiet vrou, ander en homself
ʼn Voormalige polisieman is dood nadat hy oor die naweek in Odendaalsrus in die Vrystaat vier mense geskiet en motors aan die brand gesteek het voordat hy selfmoord gepleeg het.
Video: Nico Henning gee homself aan die polisie oor
Nico Henning, die vermoorde Chanélle Henning se vervreemde man, het homself aan die polisie oorgegee nadat André Gouws hom verlede week uitgewys het as die baasbrein in die sluipmoord.
Krejcir-borgtogverhoor hervat
Die borgtogverhoor van die Tsjeggiese voortvlugtende Radovan Krejcir en drie medebeskuldigdes hervat weer Maandag in die Palm Ridge-streekshof.
Nuweland kry weer ‘n Aussie-toets
Vir die mense wat vrees dat Nuweland as rugbyveld se dae getel is, is daar minstens tydelike goeie nuus: Aanstaande jaar se Rugbykampioenskaptoets teen Australië is vir 27 September op die historiese veld geskeduleer.
Maroela Media Top 20 9 Desember 2013
Land van melk en heuning- Bok van Blerk Seerower- Kurt Darren Swart koffie- Corlea Sewe oseane- Andriëtte Kaalvoetkind- Juanita, Ruan en Franja du Plessis
Tribute to the poets- Theuns Jordaan
Dit is seker nou al vyftien jaar sedert Theuns Jordaan sy eerste tree in die Afrikaanse musiekbedryf gegee het, maar eintlik het hy lank tevore…
Nuuskommentaar: Die wêreld het nie gaan stilstaan nie…
Het die owerhede wat die besluite neem oor die nadoodse verheerliking van oud-president Nelson Mandela nie ‘n paar grense oorskry nie?
Polisie op soek na moordverdagte
Die polisie is op soek na ʼn man van Johannesburg wat van moord aangekla word nadat hy Vrydag glo, terwyl hy borgtog was, gevlug het.
Griekwastad-moorde: Slotbetoë vandag verwag
Slotbetoë gaan na verwagting vandag in die Noord-Kaapse hooggeregshof in Kimberley aangehoor hoor word in die hofsaak van die tienerseun wat daarvan verdink word dat hy drie lede van die Steenkamp-gesin op hul plaas doodgeskiet het.
Regter se moordenaar hoor dalk van borgtog
Die Wes-Kaapse hooggeregshof gaan na verwagting Maandag beslis oor die borgtogaansoek van die veroordeelde moordenaar Thandi Maqubela wat haar man, waarnemende regter Patrick Maqubela in 2009 in sy huis in Seepunt, Kaapstad, vermoor het.
Redakteur glo gepos na berig oor Joemat-Pettersson
Alide Dasnois, redakteur van die Cape Times, is afgedank kort nadat die koerant berig het oor die openbare beskermer se bevindings teen minister Tina Joemat-Pettersson, berig die Mail & Guardian
Rower doodgeskiet, ses vas na plundery
ʼn Gewapende rower is doodgeskiet en ses mense is in hegtenis geneem vir openbare geweld nadat hulle twee winkels geplunder het in Ntuzuma, KwaZulu-Natal.
Gedagte vir die dag: God help jou altyd
Psalm 6:4, 10,11 – Ek is lam en moedeloos. Wat gaan U hieraan doen, Here? Hoe lank gaan dit nog so aanhou? Die Here het…