Roubeklaers het, sedert oud-president Nelson Mandela se afsterwe op 5 Desember, by verskeie plekke landswyd saamgekom om eer te betoon aan dié oud-staatsman.
Alles vir Dinsdag 10 Desember 2013
Nuuskommentaar: Lewenslesse te leer tydens Madiba-nuusstilstand
Die eerste persoon wat ‘n harde les geleer het, is die voortvarende Julius Malema, wat op Twitter versoek het dat hy ook so gerespekteer moet word soos Mandela gerespekteer word. Hierop het Evita Bezuidenhout flink ingestem, en voorgestel dat begin word deur Malema ook 27 jaar tronk toe te stuur.
Sound of Music-aktrise sterf
Eleanor Parker, wat die rol van barones Elsa Schraeder in die loketreffer, The sound of Music gespeel het, is Maandagoggend in die ouderdom van 91 in Palm Springs in Kalifornië oorlede.
Nico Henning hoor dalk vandag oor borgtog
Nico Henning, die vermoorde Chanelle Henning se vervreemde man, verskyn vandag in die hof waar hy na verwagting gaan aansoek doen om borgtog.
Polisie gereed vir skare by stadions vir Madiba-diens
Beamptes van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die Johannesburgse metropolisie is gereed vir die skare wat Dinsdag by die ENB- en Orlando-stadion in Soweto verwag word.
Polokwane-ongeluk eis vier
Vier mense is dood en drie is beseer ná ‘n botsing Maandagaand tussen ʼn ligte voertuig en ʼn vragmotor.op die N1-suid sowat 35km buite Polokwane in Limpopo.
Staat: ‘Griekwastad-moorde was beplan’
Die staat het Maandag in die Noord-Kaapse hooggeregshof aangevoer dat die moorde op Deon (44), Christel (43) en hul 14-jarige dogter Marthella Steenkamp beplan was om die dogter se verkragting weg te steek, berig Beeld.
Man soek na hy glo gesin vermoor
Die polisie in Mpumalanga is op soek na ʼn man wat daarvan verdink word dat hy sy twee kinders en sy vervreemde vrou vermoor het.
Gedagte vir die dag: Jy is waardevol
Psalm 8:5, 6 – En tog, hoeveel gee U nie om vir hierdie piepklein mensie nie! Dink net: U sorg vir hom. Hy is vir…