Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Vrydag gesê daar is tans geen hofdokumente beskikbaar oor ʼn moordsaak waarby die “bedrieglike” gebaretaaltolk van Nelson Mandela se gedenkdiens betrek word nie.
Lees meerAlles vir Vrydag 13 Desember 2013
Eerste sneeu in Kaïro in 112 jaar
Sneeu het Vrydagoggend vir die eerste keer in 112 jaar in Kaïro in Egipte geval.
Laaste groepe by Uniegebou toegelaat
ʼn Paar laaste groepe roubeklaers is Vrydag omstreeks 17:00 by die Uniegebou toegelaat om oud-president Nelson Mandela te sien waar hy in staatsie lê.
Mandela-diens: Gebaretaaltolk aangekla van moord
Die gebaretaaltolk by Nelson Mandela se gedenkdiens is vroeër skuldig bevind aan diefstal en het ‘n reeks kriminele klagte insluitend ‘n aanklag van moord teen hom, het eNCA Vrydag berig.
Jong NSRI-vrywilliger sterf
Dale Panagos (19), ‘n jong vrywilliger van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is Donderdagaand omstreeks 21:30 in die hospitaal oorlede.
Mense weier om parkeer-en-ry-gebiede te verlaat
Die polisie is Vrydag na die onderskeie parkeer-en-ry-gebiede in Pretoria ontbied toe lede van die publiek geweier het om die terrein te verlaat nadat vervoer na die Uniegebou gekanselleer is.
Vermiste tiener se liggaam in see gevind
Die liggaam van ‘n 13-jarige seun, wat by Kommetjie in Kaapstad in die see vermis geraak het, is Vrydagoggend opgespoor.
Anene Booysen: Kana hoor oor appèlaansoek
Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Vrydag uitspraak gelewer oor Johannes Kana, wat skuldig bevind is aan die moord op Anene Booysen, se aansoek om verlof tot appèl.
Geen borgtog vir Krejcir
Die Tsjeggiese voortvlugtende Radovan Krejcir se aansoek om borgtog is Vrydag in die Palm Ridge-streekshof afgekeur.
Chanelle Henning-saak: Nico is bereid om R5 m. borgtog te betaal
Nico Henning wat van die moord beskuldig word op sy vervreemde vrou, Chanelle Henning, is bereid om borgtog van R5 miljoen te betaal, het die Pretoria-streekshof Vrydag gehoor.
Mandela: Parkeer-en-ry-gebiede gesluit
Die parkeer-en-ry-fasiliteit om mense met busse na die Uniegebou in Pretoria te vervoer om oud-president Nelson Mandela te sien waar hy in staatsie lê, is Vrydag net voor 11:00 gesluit.
SA Rugby nomineer sy uitblinkers
Vyf lede van die Springbokspan – Jean de Villiers (kaptein), Bismarck du Plessis, Eben Etzebeth, Willie le Roux en Duane Vermeulen – ding mee om as die speler van die jaar gekroon te word.
Oupa gevonnis ná hy kleinkind verkrag
‘n 65-jarige man is in die Esikhawini-streekshof in KwaZulu-Natal gevonnis nadat hy sy negejarige kleindogter verkrag het.
Polisiekonstabel verkrag 16 vroue
ʼn Gautengse polisiekonstabel is skuldig bevind aan die verkragting van ten minste 16 vroue, het The Star Vrydag berig.
Noord-Korea stel diktator se mentor tereg
Noord-Korea het bekend gemaak dat die leier Kim Jong-un se oom, Jang song-thaek, pas tereg gestel is.
Franse verpleegster vermoor bejaardes
‘n 30-jarige verpleegster by ‘n tehuis vir bejaardes in Chambéry, Frankryk, is aangekeer nadat sy glo nege bejaardes met ‘n oordosis medikasie vergiftig het. Ses van die bejaardes is oorlede.
Twee sit lank vir plaasmoord
Twee mans is vandeesweek swaar gestraf nadat hulle Eugene van der Merwe, ʼn boer in Ixopo, KwaZulu-Natal, vermoor en sy seun aangeval het.
Nuuskommentaar: Eindfluitjie vir Zuma?
Die Madiba-nuusoorheersing het gister ‘n interessante tussenspel gehad toe berigte die rondte begin doen het dat pres. Jacob Zuma die omstrede Snoerwet onderteken het. Hoewel dit baie gou geblyk het ‘n wolhaarstorie te wees, het die nuus bitter vinnig versprei.
Woord: sjampoe
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woord “sjampoe”
Mandela-foto is ʼn vervalsing
Die foto van oud-president Nelson Mandela wat op sosiale media versprei is wat geblyk het of dit ʼn foto is van waar hy by die Uniegebou in Pretoria in staatsie lê, is ʼn vervalsing.